Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike Nuus – 21 Oktober 2016


Stuur Amptelike Nuus na Mario Small by mario@bmedia.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Ds Bennie Brink na Dundee-Suid, ds Schalk Kotze van Oudtshoorn Moedergemeente na Paarlberggemeente; ds Danie Kritzinger na Modderrivier/Ritchie; prop AHG Smith na Wilgespruit; ds Karel van der Westhuizen van Doornpoort na Paarl-Vallei; ds Andries Hendrik van Rooyen van Klerksdorp-La Hoff na Ventersburg.

AANVAAR – Ds Bennie Brink na Dundee-Suid, ds Danie Kritzinger na Modderrivier/Ritchie; prop AHG Smith na Wilgespruit; ds Karel van der Westhuizen van Doornpoort na Paarl-Vallei.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Karel van der Westhuizen word as leraar in die NG gemeente Paarl-Vallei op 6 November 2016 bevestig. (Gawie van Broekhuizen, 17.09.2016).

STANDPLAASRUILING

Drieledige standplaasruiling tussen ds Schalk Kotze van die NG gemeente Oudtshoon Moeder­gemeente (na Paarlberg: voltydse onbepaalde pos), ds Christo van Staden van Paarlberg (na Kangovalleie: deeltydse onbepaalde pos) en ds Smuts Janse van Rensburg van Kangovalleie (na Oudts­hoorn Moedergemeente: voltydse onbepaalde pos). Hierdie ruiling vind plaas met ingang van 1 Januarie 2017. (A Nortier, Skriba, 10.10.2016).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Danie Kritzinger is as leraar in die NG gemeente Modderrivier/Ritchie op 16 Oktober 2016 bevestig. Hy is vanaf 1 Desember 2016 voltyds in diens van die gemeente. (Hannelie Ollewagen, 29.09.2016).

WES-TRANSVAAL

BEVESTIGING

Prop AHG Smith word as leraar in die NG gemeente Wilgespruit op 23 Oktober 2016 om 08:30 bevestig. (Lourens Breytenbach, 29.09.2016).

RINGSITTING 2016

Die Ring van Klerksdorp het tydens die onlangse vergadering die volgende lede tot die Ringkommissie verkies: Voorsitter: Ds F van Heerden (Francois); Skriba: Ds JJC Rossouw (Cobus); Addisonele lid: Ds PH van Daalen (Patric) en sekundus: Dr JA Kritzinger (Andries). (Ds JJC Rossouw, RS, 05.10.2016).

NOORDELIKE SINODE

UITNODIGING NA 70 STE VERJAARSDAG

Die NG gemeente Wonderboom-Suid word op 23 Oktober 2016 70 jaar jonk. Ons nooi alle oudlidmate en -leraars van die gemeente om die oggenddiens om 08:30 by te woon. So sê ons vir die Here dankie vir die seën en bewaring gedurende die jare. (Ds Gert Badenhorst, 05.10.2016).

OOSTELIKE SINODE

EMERITAAT

Dr André Botha het in die NG gemeente Pretoria-Oosterlig op 30 September 2016 geëmeriteer. Hy het sy akte van demissie op Sondag 25 September 2016 ontvang. (Rentia Bester, 27.09.2016).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top