Stuur Amptelike Nuus na Mario Small by mario@bmedia.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Prop Jakobus Johannes Eksteen na Rietbron; ds Ulrich Ohlhoff van Tygerpoort na Harrismith; ds Andries Hendrik van Rooyen van Klerksdorp La-Hoff na Ventersburg; dr Ben van Tonder van Delmas na Graaff-Reinet.
AANVAAR – Ds Andries Hendrik van Rooyen van Klerksdorp La-Hoff na Ventersburg.
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds Andries Hendrik van Rooyen word op Vrydag 11 November in die NG gemeente Ventersburg bevestig. Sy intree preek vind plaas op Sondag 13 November. (Charlotte du Plooy, 27.10.2016).
GOUDLAND
RINGSITTING 2016
Die Ring van Potchefstroom het tydens die ringsitting van 5 September 2016 die Ringskommisie verkies: Di Fanus Hansen (voorsitter), Dawfré Theron (skriba, e-pos Dawfre.theron@gmail.com) en Eljam Vosloo (addisionele lid). (Dawfré Theron, (Skriba, 25.10.2016).