Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Met vergunning van Soebatsfontein Guest Lodge.

Soebatsfontein vra mooi vir nuwe kerkklok

Ray Castelyn van NG Gem Strand-Noord skryf:

Dié lidmaat van Strand-Noord besit die voormalige NG Kerkgebou op Soebatsfontein, sowat 80 km van Springbok in die Noord-Kaap. En sy oog dwaal ge­reeld wanneer hy verby ander kerke met mooi klokke ry (Leeu-Gamka! Kammieskroon!).

Maar hy weet nie waar om te begin soek na die afronding vir die 73-jarige kerkgebou wat hy gekoop het en deels as gastehuis vir blomkykers in die Nama­kwaland bedryf nie.

Die kerkgebou self word steeds vir gemeenskaps- en sendingwerk gebruik, aldus Castelyn, en gaste gaan in ’n gebou langs die kerk tuis. Maar besoekers aan Soebatsfontein is volgens hom vreeslik danig oor die kerkie met sy houtvloere en kiek dit gereeld wanneer hulle deur die dorp ry. Nou wil hy by Kerkbode weet: “Hoe kan ons ’n kerkklok bekom van een van die gemeentes wat na ’n elektroniese klok verander het?”

Stuur ’n e-pos aan die streeknuusredakteur by conette@tydskrifte.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top