Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Word die waarde van eenheid oorskat?

Holy disunity: How what separates us can save us deur Layton E Williams
Uitgewer: Westminister, 2019


Dit is een van daardie boeke waar­van die titel, Holy disunity, onmiddellik jou aan­dag trek en waarvan die subtitel, How what separates us can save us, jou dan oortuig om die boek te koop.

In ’n tyd waarin die eenheid van kerke wêreldwyd onder druk verkeer en daar uiterste pogings aan­ge­wend word om eenheid ten alle koste te handhaaf, kom die skrywer, ’n jong vrouepredikant van die Presbiteriaanse kerk in die VSA, met die verrassende vertrekpunt dat daar dikwels verkeerdelik ’n hoër premie op kollektiewe saamwees ge­plaas word as op egte, komplekse verbondenheid.

Sulke eenheidspo­gings is volgens haar “onheilig” omdat dit meermale beteken dat verskille ge­mi­ni­maliseer en onder die mat ingevee word.

Oor haar bedoeling met die boek sê sy onder andere: “[It] is an argument for how disunity can be holy, and how we can faithfully coexist without being united, at least in any earthly way” en: “I very much don’t believe that the only options that exist for us in our modern turbulence are either to force ourselves to stay together no matter what or annihilate one another”.

In 12 hoofstukke bespreek sy verskillende aspekte wat dikwels be­skou word as probleme wat uit die weg ge­ruim moet word, maar wat sy sien as gawes waardeur ons onderlinge verbondenheid versterk kan word.

In elkeen van die hoofstukke kyk sy telkens na die manier waarop sake waar­oor ons verskil, ons van mekaar skei, hoe die bepaalde saak in die Bybel hanteer word, en hoe die respek­volle erkenning van verskille ons op die lange duur kan help.

Dr André Bartlett is die hoof van Excelsus by die Universiteit van Pretoria en predikant van die gemeente Johannesburg.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top