Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die bogenoemde is 'n skermgreep vanaf www.kieskerk.com.

Koronavirus: Hoe gaan jy nou na preke luister?

Gemeentes regoor Suid-Afrika sal op 22 Maart digitaal “kerk hou” op ’n ongekende skaal en ’n nuwe webwerf hoop om gebruikers te help om regstreekse eredienste maklik te vind en via slimfone of rekenaars na preke te luister. 

Die nuwe platform, www.kieskerk.com, is geskep met die oog op die eerste Sondag sedert pres Cyril Ramaphosa ingrypende sosiale maatreëls neergelê het in die lig van die Koronavirus. 

“Hierdie sal waarskynlik die mees digitale Sondag in die NG Kerk se geskiedenis wees in die sin dat ons verwag dat duisende gelowiges hulle na die internet sal wend vir virtuele eredienste eerder as om die voorgeskrewe ‘social distancing’ prys te gee,” sê dr Nico Simpson, ’n digitale projekbestuurder by Bybel-Media, wat die platform ontwikkel het.

“Die fisieke gesondheid van mense is natuurlik gemeentes se prioriteit, maar dis ook noodsaaklik om connected te bly as geloofsgemeenskap,” meen Simpson.

Die platform is in ‘n ontwikkelingsfase. “Ons deur is oop vir nog medewerkers en terugvoer. Ons leer, tesame met alle gemeentes in ons netwerke, hoe om die gesondheidskrisis in ons land en soveel ander lande, die hoof te probeer bied deur eenvoudige sinvolle aksies,” luidens ’n info-dokument oor die videoversamelwerf, wat reeds ’n halfdosyn gemeentes as medewerkers het en nog uitnooi om hul inhoud te kom deel. 

  • Kerkbode is ‘n Bybel-Media-publikasie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top