Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NUUT: Toep wil jou help met huisgodsdiens

’n Huisgodsdiens-toep vir gesinne is onlangs bekend gestel nadat ’n span vrywilligers in die eerste paar dae van inperking behoorlik gewoeker het.

“Dit is al baie lank ’n droom om ’n toep te ontwikkel wat ’n daaglikse oordenking gee wat gesinne help om huisgodsdiens te beoefen. Die lockdown het egter die dringendheid daarvoor verhoog en ek is dankbaar dat ’n hele span vrywilligers ingespring het om binne ’n paar dae dié droom te verwesenlik,” vertel ’n trotse ds Anriëtte de Ridder nadat DinkJeug se familie-toep op 1 April 2020 bekend gestel is.

“My ervaring is dat die meeste ouers graag geloof by hulle kinders wil vorm, maar dat hulle nie weet hoe om te begin nie,” is die rede waarom DinkJeug, ’n inisiatief van Sinode Wes-Kaapland se Jeug- en Familiebediening, die droom van ’n gesinstoep gekoester het.

So lyk van die podsending-temas waarna gesinne kan luister.

Die toep bevat ’n daaglikse podsending (podcast) met ’n huisgeloofoordenking wat gesinne kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe, verduidelik De Ridder. Verder kan gesinne saam bid en die aktiwiteite doen om hulle geloof en verhoudings te versterk.

Volgens De Ridder behoort dit gesinne tussen vyf en 15 minute te neem.

De Ridder sê verder: “Ons sal graag met ander sinodale streke en predikante wil hande vat sodat hierdie toep reg deur die jaar vyf vars huisgeloofoordenkings per week gee vir gesinne om saam te doen.”

Het die span vrywilligers, almal deel van die Taakspan Jeug- en Familiebediening, darem die inperkingsreëls nagekom?

“Ja, beslis. Elkeen het byvoorbeeld hulle stemopnames vir die podcast sommer tuis met hulle fone opgeneem,” vertel De Ridder.

  • Apple-gebruikers kan die toep op iStore onder “dinkjeug families” aflaai.
  • Android-gebruikers kan die toep op Google Play onder “dinkjeug families” aflaai of volg die volgende skakel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top