Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Skrywer se vrae is uitdagend én uitnodigend

Train naked: A guide to a meaningful life and work that matters deur Pierre du Plessis
Uitgewer: Tracy McDonald, 202


Pierre du Plessis is ’n bekroonde skrywer wat al die Andrew Murray-prys vir sy boek Jesus ruik na mirre en stof (Lux Verbi) verwerf het. Daarna het hy ook ’n uitstekende boek oor die koninkryk ge­skryf met die titel Boomwortels in die hemel (Lux Verbi). Vandag gesels ons egter oor sy eerste Engelse boek, Train naked: A guide to a meaningful life and work that matters.

Hierdie uitdagende titel is deur die eerste brief van Timoteus geïnspireer en spesifiek die opdrag: “Oefen jou liewer om in toewyding aan God te leef” (4:7). “Oefen” is ’n Griekse woord goom-na-see’-ah wat as ’n me­ta­foor vir die lewe dien – “to train naked”. Elke bladsy van die boek be­vat ’n kort refleksie waarin ons uitge­nooi word om die naakte waarheid van ons lewe te beoefen en uitgenooi word in Du Plessis se “signature phrase”: “Get skin in the game”.

Train naked is in drie dele ge­skryf wat verskillende arenas van ons lewe aanspreek: identiteit – “some­thing to be”; begeertes – “something to want”; laastens, wat ons doen – “something to do”. Die boek sluit af met Du Plessis se vertolking van ’n paar antieke praktyke.

Du Plessis stel voor dat die boek gelees word deur te kyk na ’n refleksie per dag, “[G]ive it a shot until you get it right. Skip the ones you don’t need and reread the ones you do.”

Om hierdie boek te lees is uiters stimulerend. Du Plessis haal uit verskillende bronne aan en ek het sy stories en illustrasies baie geniet. (Alhoewel die boek vir jou eie groei geskryf is, sal predikers tonne preekillustrasies in die boek kry). Die skrywer het die vermoë om goeie vrae te stel wat uitnodigend en uitdagend is, hy is ’n mederei­siger. Ek beveel hierdie boek aan.

▶ Tom Smith is die spanleier by Fontainebleau Gemeenskapskerk en skrywer van Raw spirituality (IVP).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top