Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dolering: Maar wat van hierdie ‘dwaling’?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Attie Claassens van Bellville skryf:

Ek is ’n lidmaat van die NG Kerk Bellville-Wes. Sedert my aftrede in 2013 en as kerkraadslid vir ses jaar volg ek met groot belang-stelling die debatte en besluitnemings van die kerk se sinodes. In hierdie tyd lees ek ook onder andere die volgende boeke:

  • Lewend en kragtig? In gesprek oor … God se handelinge in die wêreld – Ernst M Conradie.
  • Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal? – Chris van der Merwe.
  • Die relevansie van die kerk – Willie Jonker.
  • Wie is reg? Weet iemand dalk? – Adrio König.
  • Die opkoms en ondergang van die NG Kerk – Jean Oosthuizen.
  • Die behoefte om reg te wees – Arnold Mol.

Met ontsteltenis merk ek egter op dat daar te midde van die gesprek oor do­lering binne die NG Kerk van die einste lidmate is wat ’n Jong Aarde Skep­pings­leer propageer.

Terwyl die Algemene Sinode van dwaalleringe beskuldig word, staan diegene self agter die deur. Die hofsaak tussen Johannes du Plessis en die kerk word gerieflikheidshalwe geïgnoreer. Hulle skrywes en optrede toon gebrekkige navorsingsmetodiek en onvol­doende kennis van die wetenskap.

Dit benadeel die Christelike getuie­nis en bring vertwyfeling by jong Christene. Dit sou Jong Aarde Kreasio­niste baat om die onderstaande te on­dersoek:

cis.org.uk

theclergyletterproject.org/rel_evol_sun.htm

biologos.org

talkorigins.org/origins/welcome.html

  • Peet van Dyk. 2018. When misinterpreting the Bible becomes a habit. HTS Teologiese Studies / Theological Studies 74(4).
  • Ernst M Conradie. The Christian faith and evolution: An evolving, unresolved debate. scielo.org.za
  • Gijsbert van den Brink. Reformed theology and evolutionary theory.
  • Alvin Plantinga. Where the conflict really lies: Science, religion, and naturalism.
  • Kenneth R Miller. Finding Darwin’s God.

Ek vertrou dat kerkrade hierdie skrywe onder die aandag van lidmate sal bring.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top