Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

"Ek is bly dat ek aan 'n kerk behoort wat verander het. Wat nie staties is nie. Wat tipies gereformeerd 'n dinamiese verstaan van die Woord van God het," sê dr James Kirkpatrick in die onderhoud hieronder.

Kyk: ‘Die Bybel is die Woord van God, dis ons gesagsboek’

“(Die) sinnetjie: “die Bybel is die Woord van God”, is die manier waarop die NG Kerk sê die Bybel is ons gesagsboek,” verduidelik dr James Kirkpatrick, ‘n leraar en lid van die ASM se dagbestuur in die videogesprek hieronder met dr Bernice Serfontein.

 

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.

Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Kyk: ‘Die Bybel is die Woord van God, dis ons gesagsboek’”

  1. Stefaan de Jager

    Reformasie beteken dat die kerk moet bly verander om altyd weer terug te keer na die Woord. Deformasie is `n kerk wat verander in sy wegbeweeg van die Woord van God af. Ja, so was apartheid `n wegbeweeg van die Woord van God af maar so ook die kerk se besluite wat selfdegeslagverhoudings kondoneer, so ook van `n Algemene sinode wat besluit het dat elkeen maar self kan besluit of die duiwel bestaan of nie, so ook wanneer leraars alle seksuele oriëntasies as gawe uit God se hand sien, so ook as al meer dosente selfs die maagdelike geboorte en die liggaamlike opstanding van Jesus uit die dood betwyfel. Die groot rede waarom ongeveer 80 gemeentes alreeds doleer, is omdat die NG Kerk se leierskorps oor sake soos hierdie al hoe meer deformeer, weg van die Woord af.

Comments are closed.

Scroll to Top