Desmond Tutu is as ’n morele reus en ’n vegter vir vrede beskryf na die 90-jarige emeritus-aartsbiskop, wat reeds meer as ’n dekade gelede “uit die openbare lewe getree het”, op 26 Desember in Kaapstad oorlede is.
“Sy alfa en omega was sy verhouding met ons Skepper,” het aartsbiskop Thabo Makgoba in ’n verklaring geskryf en bygevoeg: “… omdat hy God aanbid het, was hy bang vir niemand.”
Die aartsbiskop van Kaapstad het die Anglikaanse kerkleier en Nobelpryswenner se grafskrif vir homself in herinnering geroep: “In the meantime, let us prayerfully remember him by the epitaph he once chose for himself: ‘He laughed, He cried, He loved,’” het Makgoba gepleit.
Pres Cyril Ramaphosa het via sosiale media Tutu se dood beskryf as “another chapter of bereavement in our nation’s farewell to a generation of outstanding South Africans who have bequeathed us a liberated South Africa.”
The passing of Archbishop Emeritus Desmond Tutu is another chapter of bereavement in our nation’s farewell to a generation of outstanding South Africans who have bequeathed us a liberated South Africa. pic.twitter.com/vjzFb3QrNZ
— Cyril Ramaphosa 🇿🇦 (@CyrilRamaphosa) December 26, 2021
https://platform.twitter.com/widgets.js
“Die NG Kerk eer Desmond Tutu vir die feit dat hy vir soveel jare ’n morele kompas was,” het dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk, geskryf in ’n verklaring. “Hy was vir dekades lank onverskrokke aan die voorpunt van die bewegings vir waarheid, vrede en geregtigheid, hier en internasionaal. Dit is sy onwrikbare navolging van hierdie waardes, sy onwankelbare moed, aktivisme en integriteit wat Desmond Tutu onderskei het van ander in leierskap in Suid-Afrika vandag en in die verlede. Die kenmerk van sy inspirerende leierskapfilosofie was die onwrikbare konsekwentheid waarmee hy magsmisbruik verwerp het – beide tydens apartheid en in post-apartheid Suid-Afrika. Meer onlangs het sy prinsipiële standpunte teen korrupsie en magsmisbruik deur ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika geloofwaardigheid gevoeg tot sy onversetlike teenkanting teen onderdrukking en uitbuiting – deur almal en in alle vorme,” luidens die verklaring.
Claassen het in Oktober vanjaar, toe Tutu 90 geword het, vir hom ’n boodskap gestuur waarin Claassen onder meer sê: “In our tradition we don’t have bishops, but we have an archbishop because we consider Archbishop Desmond Tutu to be our own.” Claassen het Tutu geloof vir sy onwrikbare optimisme. “‘Despite all of the ghastliness in the world, human beings are made for goodness,’ you once said. We as the Dutch Reformed Church want to commit ourselves to the dream, which is your dream, that goodness, laughter, joy, caring, compassion, will be the things that are going to prevail,” was Claassen se woorde aan Tutu enkele maande voor sy dood.
He was the ‘voice of the voiceless’ during the long struggle against Apartheid in South Africa.
The Nobel Peace prize laureate, Archbishop Desmond Tutu, has died aged 90. pic.twitter.com/SvV2YIhGNV
— Channel 4 News (@Channel4News) December 26, 2021
https://platform.twitter.com/widgets.js
Volledige verklaring: Desmond Mpilo Tutu (7 Oktober 1931 – 26 Desember 2021)
Uitgereik op 26 Desember 2021 deur dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk.
Die NG Kerk het met groot hartseer verneem van die dood van Aartsbiskop Desmond Tutu op 26 Desember 2021. Kommer het geheers oor sy gesondheid sowel as dié van sy vrou Leah die afgelope paar dae.
Desmond Tutu was tydens die apartheidsera ’n fel kritikus van die NG Kerk, maar het in alle opsigte ’n liefdevolle en warm verhouding met die NG Kerk en lede van sy leierskap gehad. Sy gasvryheid is telkens ervaar in ontmoetings met hom deur Gustav Claassen en Nelis Janse van Rensburg en ander. Die verhouding tussen hom en prof Piet Meiring sal altyd ’n kosbare herinnering wees. Dit was altyd Tutu se uitgesproke oortuiging dat die NG Kerk ’n onmisbare rol moet en kan speel in die heling van ons kosbare land.
Lees ook: Wie is Desmond Tutu?
Die NG Kerk eer Desmond Tutu vir die feit dat hy vir soveel jare ’n morele kompas was. Hy was vir dekades lank onverskrokke aan die voorpunt van die bewegings vir waarheid, vrede en geregtigheid, hier en internasionaal. Dit is sy onwrikbare navolging van hierdie waardes, sy onwankelbare moed, aktivisme en integriteit wat Desmond Tutu onderskei het van ander in leierskap in Suid-Afrika vandag en in die verlede. Die kenmerk van sy inspirerende leierskapfilosofie was die onwrikbare konsekwentheid waarmee hy magsmisbruik verwerp het – beide tydens apartheid en in post-apartheid Suid-Afrika.
Meer onlangs het sy prinsipiële standpunte teen korrupsie en magsmisbruik deur ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika geloofwaardigheid gevoeg tot sy onversetlike teenkanting teen onderdrukking en uitbuiting – deur almal en in alle vorme.
Geliefde Arch, jou onwrikbare optimisme in die aangesig van oorweldigende uitdagings en onbeperkte geloof in die vermoë van mense om goed te doen, sal ons almal steeds hoop gee. “Ten spyte van al die aaklighede in die wêreld, is mense gemaak vir goedheid,” het jy meer as een keer gesê.
Die NG Kerk wil onsself verbind tot die droom, wat jou droom is, dat goedheid, geregtigheid, lag, vreugde, omgee, deernis, die dinge sal wees wat alles te bowe sal kom.
Ons harte en gebede gaan uit na sy eggenote Leah, kinders Trevor, Thandeka en Mpho en hulle families.