Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“En toe besef ek maar vreemdelinge en bywoners kry vir my ’n nuwe betekenis. Want vir die volgende ses maande gaan ek nie ’n huis hê nie,” vertel dr Barry Tolmay oor die nag to sy huis in Durban begin "glip" het. Foto: Verskaf

Vrede in die storm

Barry Tolmay was alleen in die heuwelhuis sowat 13 km van Durban se kuslyn toe die hemele begin oopmaak het.

“Kyk, ons praat van 500 mm wat in omtrent twee dae geval het en omtrent 800 mm wat in vier, vyf dae geval het … so dink ’n bietjie aan ’n meter water,” verduidelik die voormalige moderator van die NG Kerk in KwaZulu-Natal oor die vloed waarin sowat 435 mense dood is, volgens SAnews.gov.za.

Lees ook: #KZN-vloedramp: ‘Stuur asseblief vir ons water’

Dr Barry Tolmay

Nes duisende ander, moes Tolmay vlug. (Sy vrou was in Pretoria, want hulle dogter is twee dae later getroud). “Ek het al gehoor van dryfsand, maar nog nooit van slikmodder nie … dat ek letterlik my plakkies verloor het … As ek nie ’n atleet was nie, sou ek nie daaruit gekom het nie,” vertel Tolmay, wat al twee keer die Comrades gehardloop het.

Hardlopers van daardie ikoniese padwedloop klim hierdie einste bulte by Westville wat in Aprilmaand verspoel is en waarteen Tolmay se huis ten tye van ons gesprek pynlik stadig aan ’t omtuimel was.

Die huis is verseker, maar die skade is groot. ’n Boekversameling van so 2 000 boeke, agtergelaat in die nag. Tolmay sê hy het daardie nag ’n keuse gehad. “(Om) my goedjies te red of ek kon ’n kersie aansteek en met die Here gaan sit en dankbaar (wees) dat ek leef.”

Lees ook: Emosies en besluitnemingsprosesse kan nie geskei word nie

Tolmay het ophou skarrel en gaan sit. “En toe ’t ek hierdie fenominale besef dat daar duisende mense is wat besig is om hulle huise (in die groter Durban) te verloor.”

En dan vertel hy ’n storie oor ’n gewaarwording. “En toe besef ek maar vreemdelinge en bywoners kry vir my ’n nuwe betekenis. Want vir die volgende ses maande gaan ek nie ’n huis hê nie.”

Tolmay praat oor die “Calvinistiese waarde van rentmeesterskap”. Hy sê: “Ons is rerig deur God tydelik aangestel oor besittings. Ons werk is baie meer om mense te ondersteun met groot harte. Dit was die mindfulness wat ek in die middel van die nag gekry het.”

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top