Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Een uit elke sewe Christene wêreldwyd (een uit vyf in Afrika, twee uit vyf in Asië) leef met baie hoë of uiterste vlakke van vervolging. Dit is luidens Geopende Deure Internasionaal se jaarlikse Wêreldwaarnemingslys wat vanjaar in sy 30ste jaar is. Foto's: Geopende Deure

Wêreldwaarnemingslys: Een uit sewe Christene leef met hoë vlakke van vervolging

Meer as 360 miljoen. Dié syfer verteenwoordig die hoogste vlakke van vervolging van Christene sedert Geopende Deure Internasionaal 30 jaar gelede met ’n jaarlikse Wêreldwaarnemingslys begin het.

Dié lys wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hulle geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke dag beleef.

Die nuutste data wys dat een uit elke sewe Christene wêreldwyd (een uit vyf in Afrika, twee uit vyf in Asië) met baie hoë of uiterste vlakke van vervolging leef.

Christen-vlugtelinge uit Noordoos-Nigerië.

Noord-Korea is terug in die topposisie nadat Afganistan verlede jaar daar ingeskuif het weens die Taliban-oorname van die land in 2021. Voor dit was Noord-Korea vir 20 jaar in die eerste posisie (2002-2021).

Een van die grootste bekommernisse op vanjaar se lys sluit in dat ’n humanitêre krisis in sub-Sahara Afrika dreig weens godsdienstig gemotiveerde geweld. Net meer as 5 000 Christene is in 2022 oor godsdienstige redes in Nigerië vermoor – ’n skokkende 89% van die internasionale totaal.

Hierdie vlaag van geweld is besig om kommerwekkend vinnig deur die res van die streek te versprei tot sover suid as Mosambiek.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.