Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Boek wat ’n reuse-impak op jou lewe kan maak

In daardie tyd was daar reuse deur Piet Meiring

Uitgewer: CLF, 2022

Resensent: Toit Wessels

Daar is ’n gesegde wat lui: “As ek meer as ander sien en weet, is dit omdat ek op reuse se skouers gestaan het.” Prof Piet Meiring is ’n reus wat vir ons meer oor geloof leer.

Op 80-jarige leeftyd kyk hy terug oor sy lewenspad en nooi ons om met die “reuse” met wie sy pad gekruis het, kontak te maak. Meiring neem jou ver op reis, vanaf sy geboorte in 1941, deur verskeie belangrike oomblikke in ons land (en kerk) se geskiedenis. Tóg maak die boek regoor die wêreld ’n draai. Meiring se deurleefde ervaring vertel nie net sy storie nie, maar eintlik óns storie. Dit is ’n reis van terugkyk, maar ook een wat jou uitnooi om saam te droom oor die toekoms. Dit is ’n reis waar waarheid en versoening voortdurend as vertrekpunt gebruik word.

Meiring se unieke vertelstyl laat dit voel asof jy self die gesprekke met predikant, professor of president voer. Die gespreksgenote is almal reuse in eie reg, en sluit ikone soos Ben Marais, Jo Verkuyl, Beyers Naude, Sam Buti, Rick Warren, David Bosch, FW de Klerk, Nelson Mandela, Kenneth Kaunda, Eugène Terre’Blanche (om net ’n paar te noem) in. Daar is ook verskeie boeiende (en soms komiese) verhale.

Soos wat jy deur die boek reis, raak jy bewus dat Meiring as toergids ook een van die belangrikste reuse van ons tyd is.

  • Koop aanlyn: Beskikbaar by CLF.
  • Ds Toit Wessels is ’n bedienaar van die Woord by Kraggakamma-gemeente in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top