Die jongste uitgawe van Kerkbode, wat dié week onderweg is intekenaargemeentes, bied ons lesers:
- Ondersoek: Watter rol speel streeksinodes (soos NG Kerk Noordkaapland en vennote-organisasies) met droogtehulpprojekte soos Red ’n Plaas en ander?
- Dubbelboekeblad: Resensies deur prof Stephan Joubert en ds Rethie van Niekerk
- Rubrieke: Ds Nelis Janse van Rensburg oor teologiese opleiding en prof Johan van der Merwe met ’n terugblik na die kerk se rol om vrede in ons land te bewaar.
- Gereelde stemme: Jaco Strydom stel twee bekende stemme op nuwe wyse aan die woord: Ivor Swartz en Rudi Swanepoel praat oor hulle tweede gespreksreeks (Ons vir jou) wat op Via se kanaal 147 draai. | Jy kan ook na die gesprek LUISTER.
- Profiel: “Die ou Strausse is gemiddeld,” sê prof Piet Strauss (71) half ondeund. En jy? vra ek. “Ook maar so. My oom – die ou patriarg van die familie – het op ’n stadium gesê, die verste wat ’n Strauss nog ooit gekom het, was ouderling – toe word ’n Strauss ’n dominee, dit was ’n groot oomblik,” dan lag Piet lekker. | Jy kan ook hier na ’n video-onderhoud met die oud-moderator van die NG Kerk se Algmene Sinode KYK.
- Briewe: Dubbelblad met lesersbydraes en gasrubriek deur dr Anton Knoetze
- Op die agterblad stel Dana Snyman ’n skriba aan die woord: “Ons het ’n oom hier gehad. Oom Psalmvoete het ons hom genoem,” praat sy uit haar geheue uit. “As oom Psalmvoete begin bid, het hy nie maklik opgehou nie. Hy bid en bid en bid …” Oom Psalmvoete was een van die manne wat destyds selfs vir die “mense wat in die kragsentrales werk” gebid het. ’n Gebed wat in hierdie Eskom-tyd dalk meer nodig is. | Lees HIER
Bly op hoogte: Nog nie Kerkbode op jou slimfoon nie? LAAI die gratis Kerkbode-toepassing af.
Ondersteun ons: Geniet jy ons kerkjoernalistiek? Ons kort jou ondersteuning. Dis maklik om ons te help: Word ’n Vriend van Kerkbode deur ’n klein maandelikse of jaarlikse bydrae te maak. KLIEK HIER.
Wat’s nuut?Oor die gedrukte koerant: Lees meer oor ons nuwe verskyningsritme en inteken-opsies
e-Koerant / PDF: Laai die jongste e-koerant HIER af.
Geborg