Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Terugblik: 9 Sinodestories uit NG Kerk in Wes-Kaapland

Hieronder is skakels na nege stories oor laasweek se sitting van NG Kerk in Wes-Kaapland se sinode (8-12 Mei).
Voor ons wegtrek met die lysie:
  • Lees ook vorige streeksinodes se dekking by ons @Sinode-afdeling.
  • Onthou, die sinode vind elke vier jaar plaas en ’n magdom inligting, verslae, boekbesprekings en gesprekke vind deur die loop van die week plaas – dikwels in die formaat van afsonderlike tafelgesprekke – in ’n saal met sowat 700 mense. Daar is ook gassprekers, wegbreeksessies, lofprysing en “spiritualiteit”-tydgleuwe. So hierdie is maar die oortjies van die seekoei.

Maar goed, hier is ‘n keur van Kerkbode-berigte en video’s: 

1. Oor teologiese opleiding: Waarmee is die NG Kerk besig deur nuwe “bane” vir opleiding te probeer skep?
Ons weet reeds vanaf 2020 tot 2023 is 50 diensleraars gelegitimeer as deel van toevoegings tot “traadisionele teologiese opleiding. Diensleraars is gelegitimeerde leraars met ’n spesifieke opdrag ooreenkomstig die terrein van opleiding. Die minimum teologiese opleiding vir hierdie baan is ’n drie-jaar graad in teologie of ’n Honneursgraad in teologie aan geakkrediteerde sentra van die NG Kerk.
’n Opname onder diensleraars het die onderstaande getoon oor die samestelling van hierdie groep:
* 47% staan ook in ander beroepe. Dit sluit in berader; klavierbegeleier; SAPD; eiendomsbedryf; ontvangspersoon; kunstenaar; vertaler; navorsingsassistent; safari- operateur; rekenaarbesigheid; B&B; verkoopsbestuurder; paramedikus; onderwyser; argivaris.
* 60% is mans en 40% vroue.
VIDEO: Dié video verduidelik verruiming van teologiese opleiding:

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=G-en8azqe50]

2. Oor seksuele teistering binne kerklike strukture:
Vroue in kerklike ampte ervaar daar is soms ’n gebrek aan sensitiwiteit oor genderongelykheid of wat sy ook sal omskryf as “micro-aggressions” teenoor vroue-kollegas. Hierdie berig gaan oor van die stappe wat gevolg het:
3. Diversiteit in die NG Kerk:
Ds Charlotte Sibanyoni het ’n staande applous vir hierdie bydrae gekry.
‘VIDEO: Ds Charlotte se uitdaging aan NG Kerk oor diversiteit’

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=gToe1KxbuLk]

4. Uit die ‘perd se bek’
Kerkbode het afgevaardigdes gevra oor hulle indrukke van die sinode.

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=N4DpOI0YWDA]

5. Die huwelik
’n Omvattende verslag deur lede van die Taakspan Leerstellige en Aktuele Sake (STLAS) oor die huwelik en menslike seksualiteit is behandel en aan tafels bespreek, soos die formaat van die sinodesitting bepaal (gespreksmatige benadering). Een aspek van die voorlegging was nuwe navorsing oor hoe lidmate self oor die huwelik praat. ‘Só praat lidmate oor die huwelik’
Kerkbode se dekking sluit kommentaar onderaan die berig hierbo in, asook briewe in reaksie op ons brieweblad.
Ons ontvang briewe hierlangs.
6. Oor die Belydenis van Belhar is ’n prosesbesluit geneem.
Hieronder is die besluit soos goedgekeur op 12 Mei.
Besluit 16 (A26, §1.13)
Die moderamen stel daarom as volg voor, naamlik dat:
1. Die Sinode ’n beskrywingspunt indien by die Algemene Sinode van 2023 met die oog op die wysiging van Artikel 44 van die Kerkorde;
2. ’n Proses deur die Algemene Sinode begin word om Artikel 44 van die Kerkorde te wysig, sodat dit vir die deelnemende sinodes moontlik sal wees om op ’n kerkordelike wyse ander belydenisskrifte te aanvaar sonder om hulle of hulle gemeentes se posisie in die NG Kerk of in die Algemene Sinode te kompromitteer;
3. Die Regskommissie van die Sinode van Wes-Kaapland versoek word om in oorleg met die moderatuur ’n konsepbeskrywingspunt voor te berei vir goedkeuring tydens ’n spesiale elektroniese vergadering van die moderamen, om by die Algemene Sinode van 2023 te dien, met die oog op die wysiging van Artikel 44 van die Kerkorde;
4. Die Sinode besluit dat, sodra die Algemene Sinode dit kerkordelik moontlik maak dat haar deelnemende sinodes selfstandig nog belydenisskrifte kan aanvaar, die Moderamen ’n eendagsinode van die Sinode van Wes-Kaapland sal saamroep met die oog op ’n besluit om die Belydenis van Belhar te bely.
En hier is ’n feature wat probeer om dit in breër konteks te stel.
7. Eie rassisme
‘Witwerk’ – wil ’n kerslig skep vir eie rassisme nie, ’n spotlight nie, vertel dominees wat self in die proses gaan om hul eie identiteit, aannames en stories te verken.

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=tTJ4fI4yjKs]

8. Oor besoekers en gaste, soos aartsbiskop Thabo Makgoba (foto onder), se boodskappe aan afgevaardigdes:
9. Oor nuwe sinodale kerkleierskap
asook ‘n video-onderhoud.

[youtube https://www.youtube.com/watch?v=by1QSqeq6yk]

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top