Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

“Ek het vir die kunsmatige intelligensie gesê, ‘Ons is by die kerklike saamtrek, jy is die prediker … hoe sal ’n kerkdiens lyk?’,” het Jonas Simmerlein, teoloog en filosoof van die Universiteit van Wenen aan AP vertel. Skermgreep via YouTube

Elders gelees: | Toe trek kletsbot weg met eie preek    

Die St Paulus-kerk in Fürth, in Beiere, Duitsland was onlangs volgepak vir ’n erediens gelei deur ’n kunsmatige intelligensie-kletsbot. 

Die “prediker” was voorgestel deur ’n beeld van ’n skynmens (avatar) op ’n skerm, het Associated Press (AP) berig.

“Ek het vir die kunsmatige intelligensie gesê, ‘Ons is by die kerklike saamtrek, jy is die prediker … hoe sal ’n kerkdiens lyk?’,” het Jonas Simmerlein, teoloog en filosoof van die Universiteit van Wenen aan AP vertel. 

 

Die diens, wat op 9 Junie plaasgevind het, het wye media-belangstelling gelok. “Appearing on @FoxNews … an achievement, I guess…,” het die teoloog  via Twitter oor een van die vele televisie-insetsels en nuusberigte oor die kletsbotkerkdiens gesê.

 

Die preektema was, “Nou is die tyd” en dit is een van die sinne wat Simmerlein gebruik het toe hy die kletsbot ChatGPT instruksies gegee het om ’n preek saam te stel. 

LEES OOK: Kerke praat saam oor kragkrisis: ‘Ontbondel Eskom en wees deursigtig oor Russe se rol’

Simmerlein het na afloop van die diens besin oor hoe die projek ontvang en ook misverstaan is. “(Sommige mense) thought we were replacing God with the AI, which was just never the case and no one wanted to replace anybody. The intention from my part was to find out if people would have emotional, spiritual experiences,” het die prediker aan David Zvi Kalman gese in ’n blog-inskrywing op Kalman se webblad

  • Hierdie berig is ná publikasie aangepas. Die erediens was op ‘n Vrydag. – Red.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top