Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Boek: Skrywer bied dieper verstaan van Palestynse verset

21 Voices from Israel and South Africa: Why the Palestinian struggle matters deur Marthie Momberg

Uitgewer: Naledi, 2023

Resensent: Johan van der Merwe

 

Die oomblik dat jy 21 Voices die eerste keer ter hand neem, voel jy aan: Hierdie is ’n buitengewone boek. Maak jy die boek oop, onderstreep Breyten Breytenbach se aanprysing dadelik die uitsonderlike aard en gehalte van die inhoud.

Ongetwyfeld is Marthie Momberg se boek ’n besondere, selfs unieke publikasie. Dit is ook ’n boek wat sy nie anders kon as om te skryf nie. Dit kom jy agter wanneer jy haar getuienis lees oor die omwenteling in haar eie denke. Maar daar is ook haar fassinerende gesprekke met 21 uiteenlopende mense (onder andere Christene, Jode, Moslems, agnostici en ateïste) van sowel Suid-Afrika as Israel. Almal van hulle is vandag oortuigde aktiviste vir die volledige herstel van Palestyne se regte. Maar wat het hulle daartoe gebring en wat kan die leser daaruit leer? Wat onder andere telkens uit die gesprekke blyk, is hoe belangrik dit vir hulle was en is om die (steeds voortgaande) Sionistiese kolonisasie van historiese Palestina, asook die Palestynse verset, eties te beoordeel. Dit terwyl só baie Christene verkies om liewer nie te veel daaroor te dink nie.

21 Voices is ’n insiggewende boek. Dit geld ook van die waardevolle ander afdelings van die boek waarin byvoorbeeld belangrike historiese gebeure toegelig en kernbegrippe verduidelik word.

21 Voices is veral ’n boek wat die leser met hoop vervul – ’n aktiewe hoop wat jou oproep tot ’n keuse vir ’n inklusiewe, regverdige vrede. En om alles te doen wat vir jou moontlik is om die koms van daardie vrede te help bevorder.

Lees ook: ’n Suid-Afrikaanse blik op Israel en Palestina: ’n Pleidooi vir geregtigheid 

Beskikbaar by Naledi.

Johan van der Merwe is ’n emeritusleraar en bly op George.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top