Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Sosiale media, waaronder Facebook en Instagram, is steeds een van die gewildste plekke waarlangs lesers ons stories volg. Lees meer oor die ander maniere waarop Kerkbode jou op hoogte hou van kerknuus.

Kerknuus: Bly digitaal op die hoogte – ook tydens Algemene Sinode (15-20 Oktober)


Gun my ’n veralgemening: Kerknuus beweeg stadig. Gemeet aan die tempo van die 24-uur-nuussiklus is dit ’n ritme wat hom nie aldag laat aanjaag deur die ietwat arbitrêre spertye van nuusbulletins, nuushonger webblaaie of selfs dagblaaie nie. Trouens, om oor taakspanne se werksaamhede tussen die vierjaarlikse vergadering van die algemene sinode te berig, kan ’n bietjie voel soos om te blog oor ’n gletser. Die werk vat tyd. Die gevolgtrekkings is genuanseerd en deelnemers is heel dikwels versigtig vir kitsantwoorde.

Met dit als gesê, wil die Kerkbode-span tydens vandeesmaand se vergadering van die Algemene Sinode sy bes doen om via ons digitale platform die joernalistieke taak te verrig van ’n spieël én ’n venster ophou na die NG Kerk en sy lidmate. Akkurate beriggewing gepaard met ’n vindingryke blik na “buite”.

Naas Kerkbode se joernalisitieke dekking van die gebeure by die Algemene Sinode, sal ons ook die besluite en verklarings publiseer in dié Amptelike afdeling.

Geborg

Hoe kan jy op die hoogte bly?

  • Op jou foon: Laai die Kerkbode-toepassing af vir Android of Apple toestelle. 
  • Sosiale media: Maak seker jy volg ons op sosiale media, Facebook en Instagram is waar ons fokus lê. 
  • Neem deel aan gesprek: ’n Groot dryfveer agter die groei van ons aanlyn platform die afgelope dekade, is lesersbydraes (vakatures is ook ’n baie gewilde deel van ons kommunikasiediens). Ons ontvang briewe via hierdie skakel en verwelkom oop, respekvolle gesprek op al ons platforms.
  • Maandblad verskyn nog in papierformaat: Aan al die betalende intekenaars wat steeds die gedrukte formaat van Kerkbode maandeliks as komplement tot al die digitale dinge by hulle gemeentes ontvang: Ons waardeer julle ondersteuning en reusebydrae tot die volhoubaarheid van Kerkbode. Let wel dat ons tans nuwe subskripsies vir die gedrukte maandblad-formaat ontvang vir 2024 via hierdie skakel. 

LOWRESPDFS

1 thought on “Kerknuus: Bly digitaal op die hoogte – ook tydens Algemene Sinode (15-20 Oktober)”

Comments are closed.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand