Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Vind God in die gewone: Tom Smith se boek vir doeners wat uit genade, saam soek


Vind God in die gewone deur Tom Smith

Uitgewer: Lux Verbi, 2024

Resensent: Schalk van Heerden

 

As jong Christen het Brother Lawrence se boek Practicing the presence of God my gehelp om te sien hoe God groter as Sondag, kerkgebou of Bybellees is. Selfs Coenie de Villiers se liedjie Katedraal val sag op my oor, omdat ek self glo dat ons Vader wat “in die hemele is”, oral om ons is. My werk is nie om te bid vir sy teenwoordigheid nie, maar om te bid dat ek dit leer raaksien.

Hiermee help my vriend Tom Smith my. Ek ken vir Smith al 28 jaar en om sy nuutste boek te lees, voel soos kuier met ’n pel wat stories vertel van dit wat saam beleef is. Hy skryf onbeskaamd in die eerste persoon oor ritmes, gewoontes en praktyke wat hom (en ons) aan God vasbind.

Sou ek moes kies tussen heilig wees en relevant wees kies ek heilig wees, want langtermyn is dit ook meer relevant. Hierdie gids is geskryf vir almal, maar veral leiers sal baat vind, omdat die gewone gewoontes ’n kalm integriteit kweek, iets wat ’n stryende kerk broodnodig het. Ons lees hierdie boek nie vir verstaan nie, maar vir na-aap. Lees, doen, lees, eksperimenteer, lees, vertel en so gaan dit voort.

Smith se fokus op die alledaagse is gelyktydig nederig en ambisieus. Hoe ek en jy ons “elke dag” leef, is hoe ons ons lewe leef. Om saam met die skrywer te wandel bring so “transcended particular” wat behulpsaam en vertroostend is. Hy skryf oor rus en die boek het vir my rus gebring. Hy skryf oor eet en die boek het my vol gemaak. Hy skryf oor bad en die boek het my skoon gemaak. Diegene wat ’n slimkop-boek soek om aanhalings rond te gooi kan dit sekerlik hier vind, maar uiteindelik het ons te make met ’n klassieke doenboek, ’n boek vir doeners wat uit genade, saam soek en enige prys sal betaal om iets meer van Die Prys te sien en proe.

Aanlyn beskikbaar HIER 

Ds Schalk van Heerden is predikant by Fontainebleau Gemeenskapskerk en voorsitter van Betereinders.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.