Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kyk: Moderator – ‘Ons gebed is nie klaar nie – bid vir regering wat land vorentoe kan vat’

Daar is gebid vir vrede en verandering ten goede voor die verkiesing op 29 Mei, maar “ons gebed is nie klaar nie. Ons sê dankie en hou aan bid dat ons ’n regering sal kan saamstel en kry wat ons land vorentoe sal kan neem”, sê ds Jan Lubbe, voorsitter: Algemene Sinode van die NG Kerk in ’n video wat pas vrygestel is.

Daarom is Sondag 9 Junie vir danksegging en voorbidding.

Die Vrystaatse kerkleier noem ondermeer dat die NG Kerk saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) binne die National Church Leaders Forum betrokke is in gesprekke met die regering. Hy sê ook dankie vir gemeentes wat gehelp het met noodleniging in gebiede wat deur die afgelope week se stormweer geraak is wat ingesluit het ’n tornado in KwaZulu-Natal. En hy vra ook dat gelowigs aanhou bid vir vrede in lande soos Israel, Palestina, Oekraïne en Soedan.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top