Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 07 Junie 2024)


  • Hierdie kennisgewings is op 7 Junie 2024 opgedateer.

BEROEP

Ds GPM (Meiring) de Wet van Doornpoort na Rustenburg-Proteapark; prop J (Jeanette) de Wet van Doornpoort na Rustenburg-Proteapark; ds BE (Brits) Janse van Rensburg van Harare na Rustenburg-Proteapark; ds Edward John (EJ) Leach van Stellastraat (met opdrag Indië) na Rustenburg-Proteapark.

AANVAAR

Dr RP (Richard) van Wyk van Stellenbosch na Reebok.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr RP (Richard) van Wyk van Stellenbosch-Moedergemeente (insluitend Kruiskerk) het die beroep na NG Kerk Reebok as voltydse medeleraar aanvaar. Hy sal vanaf 1 Julie 2024 die verantwoordelikheid van NG Kerk Reebok wees en word op 14 Julie 2024 bevestig waarna hy ook sy intreepreek gaan lewer. (Martina van den Berg, skriba/kassier, 05.06.2024).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr Nienke Kemm is op 2 Junie 2024 as leraar in ’n vastetermynpos by NG Gemeente Augrabies bevestig. (Ursulla Hayes, Skriba, 05.06.2024).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Ds Pieter Kotze is op 1 Junie 2024 in die NG Kerk Newcastle bevestig. Sy intreepreek het op Sondag 2 Junie 2024 plaasgevind. (Peet Liebenberg, sameroeper: Taakspan vir pre-advies, 03.06.2024).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Op Sondag 9 Junie tydens ’n erediens by die NG Gemeente Hugenoot in Bloemfontein gaan erkenning verleen word aan die ampsbevoegdheid van dr Nina Müller van Velden as gekoppelde leraar aan die NG Gemeente Hugenoot asook akkreditasie as teologiese dosent aan die Universiteit van die Vrystaat. Haar man, ds Wouter van Velden, sal by dieselfde erediens bevestig word as medeleraar van die gemeente en ook sy intreepreek lewer. (G Lamprecht, skriba: Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, 06.06.2024).

EMERITAAT

Ds Carl Heinz Theodore Schiel van die NG Gemeente Deneysville emeriteer met effek 30 Junie 2024. Hy gaan as tentmakerleraar by die gemeente betrokke bly. Ds Dirk Michael du Preez neem oor as voltydse hulpleraar vanaf 01 Julie 2024. (Ds Fritz Kotzé, skriba: Ring van Vaalrivier, 05.06.2024).

Prof DF (Francois) Tolmie van die Departement Ou- en Nuwe Testamentiese Studies aan die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van die Vrystaat ontvang op Sondag 9 Junie tydens ’n erediens by die NG Gemeente Hugenoot in Bloemfontein sy Akte van Demissie by emeritaat. (G Lamprecht, skriba: Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, 06.06.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 3 Junie 2024 het die kerkraad van NG Kerk Rustenburg-Proteapark die volgende persone beroep: ds Edward John (EJ) Leach van NG Stellastraat (hy het sy amp hier behou terwyl hy in Indië leraar was) in ’n voltydse pos as senior leraar; ds Brits Ehns Janse van Rensburg van Harare in ’n voltydse pos as medeleraar gefokus op jeug; ds Meiring de Wet en sy vrou Jeanette (proponent) van NG Doornpoort beide in deeltydse poste as medeleraars. (Eveleen Engelbrecht, saakgelastigde, 07.06.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.