Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Oor ASM se pastorale skrywe

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prof Johan Janse van Rensburg van Fichardtpark skryf: Die doel van ’n pastorale brief is menigvuldige goed. Dit wil troos, dit wil kalmeer, dit wil oproep tot gebed. Die onlangse pastorale brief van die dagbestuur van die ASM wil opsigtelik hierdie positiewe uitwerking hê om lidmate tot verootmoedigende gebed op te roep.

LEES OOK | Pastorale brief: ‘Ons skryf uit ʼn diepe besorgdheid aan julle, met ʼn hartsgebed dat God Hom oor ons almal sal ontferm’ – ASM Dagbestuur aan gemeentes van NGK

Waarom is daar dan alweer negatiewe gevoelens by die lees daarvan? Dit is mooi geformuleer en ’n mens lees lekker, tot jy kom by die motivering van “ons gereformeerde tradisie”. Hoe kan die gereformeerde tradisie bygehaal word terwyl dit wat tans in ons geliefde NG Kerk gebeur, radikaal met die gereformeerde tradisie in stryd is. Skrifinterpretasie het willekeurig geword terwyl die gereformeerde tradisie een Skrifverstaan het. Die NGB, art.1 sê: “Ons glo almal”. Gesamentlike aanbidding met ander gelowe word reeds gepropageer en geïmplimenteer terwyl die Skrif en die belydenisskrifte uitdruklik daarteen stry. Word dit dan nie ’n valse wanklank om ons gereformeerde tradisie daarby te betrek nie. By al die besorgdhede wat die pastorale brief uitlig, sou ek graag ’n diepe ontsteltenis wou lees oor die leerdwaling in die kerk en die menigvuldige afwyking van die gereformeerde tradisie. Jesus se woorde in Matteus 5:37 (Laat jou ja, ja wees en jou nee, nee) veronderstel integriteit. Ek mis dit in die pastorale brief.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.