Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Geloofsbelydenis, waar is die liefde?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Cobus Olivier skryf: Elke Sondag sê ons die geloofsbelydenis hardop in die erediens. Die geloofsbelydenis van Nicea dateer uit die jare 320 tot 380 nC en is gefinaliseer by die samekoms (dalk soos ’n hedendaagse sinode) van Nicea. Die geloofsbelydenis is geskryf om die “Ariese dwaalleer” die nek in te slaan. ’n Priester van Aleksandrië genaamd Arius het ontken dat Jesus ook God is, en het gesê dat Jesus slegs nog iemand deur God geskape is. Daarom die sterk fokus op wie Jesus is in die geloofsbelydenis.

Maar waar ek vandag in die kerkbank staan en die geloofsbelydenis opsê is die Goddelikheid van Jesus nie die enigste groot geloofsvraagstuk nie. In Matteus 22:37-40 vat Jesus self die kern van die evangelie vir ons saam, naamlik die “Liefde”. Jy moet God liefhê met jou hele wese, en ander mense soos jouself. Hierdie kern van die evangelie word nie direk in die geloofsbelydenis van Nicea bely nie. Daar is wel indirekte verwysings na God se liefde in Jesus se kruisdood, maar nêrens kom die kern van die evangelie soos deur Jesus verwoord, naamlik die woord “Liefde”, voor nie.

Ek pleit nie vir ’n nuwe geloofsbelydenis nie. Die geloofsbelydenis is nie verkeerd nie, Jesus is God soos die geloofsbelydenis dit stel. Die geloofsbelydenis is eerder onvolledig. Kan ons nie asseblief slegs ’n reëltjiie aan die einde by sê nie: “Ek glo in ’n genadige God van liefde”, soos die evangelie deur Jesus self opgesom is? Persoonlik doen ek dit reeds.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top