Die NG Kerk in Namibië wil “nuwe bilaterale ooreenkomste” sluit ná dié voormalige streeksinode van die NG Kerk op Donderdag 20 Maart ’n besluit geneem het om uit verband te tree met die NG Kerk se Algemene Sinode (AS).
Die goedgekeurde aanbeveling praat van ’n “nuwe bedeling” en ’n soeke na samewerking en ondersteuning met “ander rolspelers in die koninkryk”.
Die jongste verwikkeling was nóg vinnig, nóg sonder teenstemme. Die “papierspoor” tot by die aanbeveling wat goedgekeur is, beslaan talle blaaie in die 115-blad-agenda wat voor sowat 80 afgevaardigdes gedien het. Dit beskryf die proses sedert dié kerkleiers se vorige sinodesitting, in 2022. Enkele energieke pogings tot “revisie” of omkeer van dié historiese skuif is met gemaklike meerderheid vroeër die oggend van die tafel gevee.

En op ’n stortreëndag in die Namibiese hoofstad het verteenwoordigers van sowat 42 gemeentes in dié land uiteindelik met ’n tweederdemeerderheid gestem dat die 2022-besluit (om bande los te maak met die Algemene Sinodale verband) “van krag word”.
Die stemmery het plaasgevind in die gemeentesaal van NG Gemeente Suiderhof in Windhoek, waar die sinodesitting van 19-23 Maart plaasvind.

“Ons moet die mikrofoon eet soos ’n roomys,” het die Namibiese moderator, ds Johannes Maritz, die afgevaardigdes gemaan wanneer sprekers se stemme telkens weggeraak het weens die gedruis van harde reën op die kerksaaldak. Ds Zack Pienaar, predikant in sinodale diens (sonder stemreg), het homself “absoluut distansieer” van die aanbeveling voor dit aanvaar is. “Wat ons dit ookal noem, dit is ’n skeuring wat besig is om plaas te vind,” het Pienaar gesê. Hy het met verwysing na die NG Kerk se susterkerk die VGK en dié se verhouding met die NG Kerk in Afrika verwys na hoe pynlik skeuring kan wees. “Ek het nooit gedink ek sal in ’n situasie kom soos vandag nie, waar die eenheid van die kerk erg op die spel is.” Ook ds Eddie Turner was deel van die minderheid wat sy beswaar teen die besluit op die rekord wou hê.



Die vergadering was kennelik in minder bekende kerkregtelike terrein en wou kerkordelike opsies gebruik om steeds “NG” te bly, maar inderdaad los van die AS, wat in 1962 as “sinode van sinodes” gevorm is, as ’n mens na ds Thijs van der Merwe, die voormalige algemene sekretaris van die NGKN, se verduideliking luister.
Nou bestaan die NG Kerk se AS uit nege samestellende streeksinodes (ook genoem kerke).
Ná die stemuitslag bekendgemaak is, rondom 15:00 op Donderdagmiddag, het ds Maritz gesê: “Kom ons hou mekaar hiervandaan vas, om versoenend met mekaar te leef, ook met diegene wat nie noodwendig hartlik met ons saamstem nie.”
Lees die amptelike besluit hieronder soos verskaf deur die NG Kerk in Namibië.
NAM_Besluit


Baie geluk aan Die NGKN met hulle besluit.
Terselfdertyd geluk aan Tafelberg, Leeuwberg, Kestell, Tuinedal, en Fakkel gemeentes wat hulle ook lodgemaak het van ‘n kerk wat die TYDGEES hulle god gemak het.
Vertrou dat die gemeentes gelei sal word om suiwer evangelie verkodiging te doen. Die invloed van die wereld het gelei tot hierdie beslut. Menseregte het ‘n groter rol gespeel maw die horisontale ipv die vertikale. God eerste dan jou naste.
Prys die Here vir sy groot genade!
Ja, kom ons prys Hom elke dag vir Sy groot genade, ook vir my.
Pragtig. n Verantwoordelike besluit in die lig van die Woord van God. Julle het die AS lank genoeg kans gegee om te draai van hul pad wat teen die die Skrif protesteer.
n Tragiese dag dat ons vir die wereld wys hoe “kerk” verskille onder mekaar oplos
Nee wat Marianne…ek ervaar dit is as ń wonderlike dag waar die waarheid geseëvier het.
Vrede vir jou.
Tragies vir dié wie tuis voel in die ruim huis.
Die tragiese is dat die AS die dolerende gedeelte van die kerk geignoreer het en die +600 bladsye van beswaarskrifte beswaarlik bestudeer het en behoorlik aandag gegee het. Die tragiese is dat die AS nie raaksien dat hierdie breuklyn in die kerk wereldwyd aan die gebeur is nie. Die tragiese is dat ons kerk nou al vir kort by 10 jaar nie die hierdie konflik tussen die liberale en behoudende dele van die kerk kon byle^ nie. Wat die Namibie NGK gedoen het is nie ‘n “oplossing” nie, maar ‘n nodige skeiding omdat hierdie twee nie kan saam leef nie, want ons lees nie die Bybel op dieselfde manier nie.
Hoe lank nog moes ons vir ons Here aan n lyntjie gehou het ter wille van die mens.
Ek het nog altyd n probleem gehad met die “beheer” van n liggaam oor gemeentes. Jesus is die bruidegom van Sy bruid wat bestaan uit gemeentes. Hy het gesê waar twee of drie in My naam vergader is Ek in hul midde!!!
Ag dit bly verskriklik hartseer dat die kerk so n besluit moes neem…
Dit is hartseer dat hierdie dinge moet gebeur, maar gehoorsaamheid aan die Woord staan bo gehoorsaamheid aan ‘n Kerkorde, en liefde vir God staan bo liefde vir my kerk.
Iewers kom daar ‘n punt waar ‘n mens in gehoorsaamheid aan God ‘n keuse moet maak.
Daar moet na die wêreld gekyk word deur die lens van die Woord, nie na die Woord deur die lens van die tyd.
Om ons naaste lief te hê, moet ons dui op wat verkeerd is, anders is ons medepligtig.
Dit blyk dat NG Kerk Namibië gehoorsaam is.
Ek bid vir die kerk, en ‘n goeie gesindheid.
Namibië is ‘n unieke land met sy eie karakter en eiesoortige belange, ook ten opsigte van die bedieningspraktyk van God se Woord hier plaaslik. Dit vra vir ‘nuwe wyn in nuwe sakke’ met vars nuwe strategieë.
Mag hierdie besluit ‘n nuwe entoesiasme losmaak om meer gefokus ons unieke teenswoordige bedienings-uitdagings met God se wysheid en genade vreesloos tegemoet te gaan. Mag Sy koninkryk met nuwe krag kom in hierdie wye, pragtige land met sy besondere mense.
Wonderlike nuus. Mag die Here julle ryklik seën.
It’s sad because Jesus prayed for unity in the body of Christ ! ! We have to bear with one another and so fulfill the law of Christ ! ! Difficult as it may be ! Disunity causes weakness in the testimony to the World !
Lood die Here…Hy is voorwaar n GEBEDSVERHOORDER. Dit is baie duidelik…. GOD IS AAN DIE WERK.
Die kort en die lank is, die AS het ‘n geleentheid gemis om die kerk bymekaar te hou, deur net terug te keer na die gesag van die Woord. Die AS wou ‘n paar mense tevrede stel en behou vir die kerk, maar het in die proses baie mense verloor. So dom, en so kortsigtig, en so onverantwoordelik!
My gebed is dat Namibië die Ware Evangelie sal verkondig, net uit die Woord en die Woord alleen sonder mens gemaakte reëls, regulasies, wette en tradisies. Mense sal leer dat God kom terug om te oordeel en dat ons n pad van heiligmaking moet stap omdat net die heiliges die koninkryk sal beërwe 1 Thes. 3:13, 4:3, 2 Thes. 2:13, 1 Kor.6:9-11. Hy verwag gehoorsaamheid, nie offers nie Luk. 11:37-54. Luister na sy stem, Jer.7:22&23 Die tyd loop uit!
Wat n wonderlike dag en gebeurtenis dat mense weer terugkeer na die Woord van God en ophou om mense te please. Sonde bly sonde, en as jy regtig berou het, Sal Jesus jou sondes vergewe. Hy het jou as sondaar so lief dat Hy die dood en sonde oorwin het vir my en vir jou as sondaars. Laat U wil geskied.
Dis ‘n tragiese, maar m.i. nodige dag in die geskiedenis van die NG Kerk in Namibië, maar ook die RSA. Ek glo dat ook ons in SA daardie pad uiteindelik sal loop (daar is reeds gemeentes wat hulleself ‘Behoudend’. noem.
Jy kan in jou huis bly vir solank jou huis skoon is maar sodra jou huis deur ‘n vloed verswelg is met modder water dan bly jy nooit weer in daardie huis nie. Tensy dit moontlik sou wees om die modder heeltemal te verwyder maar selfs dan moet ‘n mens kyk of die fondasie nie skade gely het nie. In meeste van die gevalle moet n mens maar uittrek want die fondasie is verswak en maak die huis dodelik gevaarlik om in te bly. Die gesin wat die huis verlaat het is nie die probleem nie, die huis wat vol modder is en ‘n verswakte fondasie het is die probleem.
Die natuur kan n mens baie mooi dinge leer jy moet net oplettend wees en ‘n deeglike grondslag in die Woord hê.
Staan vas op die goeie Fondasie.
Hulp met prysgewing van beginsels kan ons nie aanvaar nie.