Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: God is dieselfde God van gister, vandag en tot in ewigheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Theo Fourie van Margate skryf: Dit is hartseer dat daar ’n skeuring gekom het maar tog ook bemoedigend. Ek is maar net ’n lidmaat van die NGK en my sê beteken seker nie veel nie maar miskien moet die Algemene Sinode ondersoek instel oor die gevoel van ons lidmate oor hierdie onderwerp (selfdegeslagverbintenisse). Ons kan mos nie die Woord van God aanpas by die wêreld se behoeftes nie. Ons God is dieselfde God van gister, vandag en tot in ewigheid. Los asseblief ’n bietjie al die hoë geleerdheid en raak vervul met die Heilige Gees van God. Hy sê dat Sy oordeel by Sy huis sal begin (in gewone taal gestel). Waak dan en bid.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top