Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | Praat voordat dit te laat word

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Gerhard Mahne van Kaapstad skryf:

Noudat dit byna te laat is, hoor ons dat die ANC uiteindelik van plan is om met AfriForum en Solidariteit in gesprek te tree. Hoop dit realiseer.

Hierdie burgerregteorganisasie en vakbond is glo te blameer vir die finansiële krisis en verdere bankrotskap wat ons land sedert Donald Trump se bewindsoorname in die gesig staar. Nou mag daar dalk uiteindelik gepraat word nadat AfriForum en Solidariteit se jarelange skriftelike versoeke om gesprekvoering blatant geïgnoreer is.

Hierdie twee “moeilikheidmakers” het mos nie locus standi om met die ANC-regering te kon praat nie. Hulle het met ander woorde nie die wettige reg om te kan onderhandel nie. Locus standi impliseer in elk geval dat die persoon wat ’n gesprek aanvra sal kan bewys dat hy deur gebeure direk verontreg word, of dat sy wetlike regte verontagsaam word. En volgens die ANC kan hulle dit dus nie bewys nie.

Buitendien, om bloot bewyse te toon van wanpraktyke, of waar my regte vertrap word, beteken nie dat ek outomaties vir locus standi kwalifiseer nie. Nou blyk dit dat spyt hierdie keer darem nie te laat gekom het nie. Kom ons hoop so, want die bankrot ANC sien klaarblyklik uiteindelik in dat hulle wel met die twee moet praat.

Gaan die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) iets by die ANC leer? Kairos Netwerk, en daarna ook die kategoriale Koinonia Sinode binne die NG Kerk, versoek al jare lank ’n gesprek met hulle eie Algemene Sinode. Briewe aan die dagbestuur van die Algemene Sinodale Moderamen is wel beantwoord, maar telkens afwysend. Die rede hiervoor is dat Kairos Netwerk en Koinonia Sinode glo nie locus standi het nie.

Vandaar die vraag of die ASM by die ANC iets kan leer, want jy sien, daar is ook so iets soos geestelike bankrotskap in ’n kerk wat gekeer kan word as daar, voordat dit te laat word, gepraat word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top