Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Invloedryke teoloog en skrywer Walter Brueggeman oorlede op 92

Huldeblyke met waardering volg na die nuus van dr Walter Brueggemann se dood op 5 Junie. Hy was ’n gerespekteerde Amerikaanse teoloog, spreker en skrywer van meer as 100 boeke.

Brueggemann was bekend vir boeke soos The Prophetic imagination (1978) en Theology of the Old Testament (1997) wat as sy ‘magnum opus’ beskryf word. Sy skryfwerk oor die psalms, waarmee hy vanaf 1982 tot in 2014 volgehou het, sluit onder meer Message of the Psalms (1984) in. 

Lees ook: Verstaan die ‘negatiewe’ jonger generasies nie dalk ’n hele paar uitdagings beter as ek en die Professors Positief van die wêreld nie?

In kerklike nuusmedia wêreldwyd is waardering vir hierdie mentor van vele uitgespreek. So ook plaaslik op sosiale media. Prof Nico Koopman, vise-kanselier by die Universiteit Stellenbosch het op Facebook geskryf: “We will cherish our dear prof and brother forever. May our Lord strengthen you, dear, dear family.”

Brueggemann was 92 jaar oud. Hy word oorleef deur sy vrou, Tia, hulle seuns, James en John, en hulle families. Lees meer oor hom hier.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top