Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Teologiese Toerusting: ‘So ook op die aarde’-preekreeks

Die taakspan Miga 6 vers 8: vir Versoening en Geregtigheid wil streeksinodes en plaaslike gemeentes ondersteun in die uitleef van ons roeping tot versoening en geregtigheid in Suid-Afrika.

 

In Februarie 2025 het die Algemene Sinodale Moderamen ons gespreksdokument “Die Taal en Trant van Gesprek oor Versoening en Geregtigheid” ontvang en aan streeksinodes versprei. Die dokument is beskikbaar by: https://ngkerk.org.za/article/die-taal-en-trant-waarmee-ons-gesprek-voer/
Dit is geskryf met die oog op gesprek en refleksie oor hoe ons as dissipels van Christus vandag in 2025 oor versoening en geregtigheid praat en leef.

Uit hierdie dokument is 7 kern-slagspreuke ontwikkel om die onderliggende beginsels op eenvoudige wyse te kommunikeer. In Mei 2025 het ons ’n sosiale media-veldtog geloods om bewusmaking te skep.

Gemeentes en streeksinodes word hartlik uitgenooi om van hierdie materiaal gebruik te maak—ook as deel van eredienste, gesprekke en refleksieprosesse. Byvoorbeeld, een gemeente het die slagspreuke visueel vertoon in hul voorportaal. Die gespreksdokument kan tydens ’n kerkraadsvergadering gelees en bespreek word—deur woorde wat uitstaan te merk, en dan in pare en as groep daaroor te gesels.

Ons stel graag ook die preekreeks voor wat saam met die slagspreuke ontwikkel is. Die reeks is ontwerp vir Koninkrykstyd 2025. Gemeentes kan self bepaal wanneer om daarmee te begin; ons stel net voor dat die volgorde hieronder gevolg word. Dit is nie verpligtend om al sewe preke te gebruik nie, maar ons moedig predikers aan om deur al die riglyne én die gespreksdokument te lees.

Preekreeks:

1.      Geseënd is die vredemakers – Matteus 5:9 en Johannes 4:1–26

2.      Een in Christus – Psalm 122

3.      Nie slagoffers nie – 2 Korintiërs 4

4.      Hard oor onreg, sag met mekaar – Nehemia 5:1–19

5.      Let’s take hands – 1 Korintiërs 12:12–31

6.      Hoop bo vrees – 2 Samuel 9:1–13

7.      Ons suffer saam – Lukas 10:25–37

Al die preek voorstelle, sowel as eksegetiese nota’s kan hier afgelaai word.

Ons waardeer enige terugvoer van hoe die reeks in gemeentes gebruik word. Mag dit help om taal, trant en roeping oor Versoening en Geregtigheid opnuut te ontdek en bevestig. Praat saam in die kommentaarveld hieronder.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top