Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Koninkrykstyd 2025: ‘n Oproep om hard oor onreg, maar sag met mekaar te praat

Het jy al ooit die behoefte gehad om iemand se volume-knoppie af te draai?  Dalk ken jy ook skertsende stories van mense met ‘n gehoorapparaat wat aspris kies wanneer om dit aan óf af te skakel? Miskien het ons self ook ‘knoppies’ wat ons aan en af probeer skakel, soos deernis? Ons tema is om hard te praat oor onreg, maar sag met mekaar. Anandie Greyling, predikant by die Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, gebruik hierdie metafore in die preekvoorstel vir Nehemia 5:1-19, met die tema “Praat hard oor onreg, sag met mekaar”.

Ons lees in Nehemia 5 van ’n groot noodkreet wat die bouwerk gestop het. Van die Judeërs het gehuil omdat hulle ekonomiese uitdagings beleef. Hierdie Judeërs moes hul lande, wingerde en van hulle ook hul kinders as slawe verkoop as gevolg van hul skuld, belasting en hongersnood. Te midde van die krisis buit die ‘elite’ Judeërs, die wat welaf is, hul volksgenote uit as gevolg van die rente en kollateraal wat hul vereis. Hulle trek voordeel vanuit mense se krisis.

Die mense ‘huil’ by Nehemia. Hy luister, dalk met deernis en empatie, en hoor van sistemiese uitbuiting wat aangespreek moet word. Ons lees dat Nehemia eers oorweeg en nadink oor hoe om te reageer, maar hy reageer. Hy spreek dit publiek en as ‘n gemeenskapsprobleem aan en die ‘elite’ stem in tot Nehemia se oproep en verbind hulself in die publiek om reg te maak.

Hoe kan en moet ons hard en duidelik praat oor onreg, terwyl ons sag en met deernis oordink hoe ons met mekaar werk? In Suid-Afrika is daar ook mense wat met ‘n noodkreet uitroep. Deernis vir mense is deel van dissipelskap. Om geregtigheid na te streef ook. Wees sag, in persoonlike gesprekke, reis saam met mense in ons soeke na geregtigheid, sonder om onduidelik of fluisterend te wees oor die onreg van alle mense.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top