Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Bid saam met ons vir geregtigheid, troos’ – vra NG Ring waar hofsaak sloer na egpaar se moord

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Johan Mostert, skriba van die ring van Louis Trichardt, skryf: 

Broers en susters in ons Here Jesus Christus,

As Ring van Louis Trichardt bring ons graag ’n dringende saak van groot hartseer en frustrasie onder u aandag. Op 20 April 2022 het Louis en Ina Cloete tragies hul lewens verloor in ’n wrede plaasaanval op Levubu. Die aanvallers het die huis afgebrand met Louis en Ina daarbinne en probeer vlug, maar gelukkig is die twee verdagtes vinnig vasgetrek.  

Vandag, meer as drie jaar later, het daar nog steeds geen reg geskied nie. Keer op keer word die hofdatum om verskeie redes uitgestel en die saak word eenvoudig nie aangehoor en gevolglik nie afgehandel nie. Hierdie voortdurende uitstel bring groot moedeloosheid, hartseer en frustrasie vir die familie van die oorledenes asook vir die hele gemeenskap wat deur hierdie gru-daad geraak is.

Die voortdurende onsekerheid of reg en geregtigheid ooit sal geskied weeg swaar op die lidmate van die NG Gemeente Levubu – insluitend Louis en Ina se seun Andries Cloete en sy gesin. Die regstelsel behoort nooit so te wees dat onreg ongestraf bly en reg nie geskied nie. Daar kan tog nooit hoop wees waar hopeloosheid steeds seëvier nie.

Om hierdie rede het die Ring van Louis Trichardt tydens haar 54ste ringsitting op 15 Augustus 2025 saam besluit dat die saak tot ’n gemeenskaplike saak van voorbidding vir alle gemeentes in die ring gemaak word.

Ons wil egter tog ’n versoek rig dat dit ook in die komende weke as gemeenskaplike saak van voorbidding deur alle gemeentes van die NG Kerk oorweeg sal word. Ons vra u dus nederig, maar met dringende erns om gedurende die komende weke die Cloete-saak op te neem in u gemeentes as ’n saak van voorbidding. Bid asseblief:

  •       Dat geregtigheid sal geskied en dat die saak spoedig en deeglik deur die strafregstelsel hanteer sal word;
  •       Vir troos, moed en krag vir Louis en Ina se familie, kinders en klein kinders wat met groot hartseer moet saamleef asook vir die hele gemeenskap wat nog oor hul afsterwe rou;
  •       Vir wysheid en bekwaamheid van alle partye betrokke by die saak (prokureurs, lede van die SAPD, regters);

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top