Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | Gasa: Moes dit aan die groot klok gehang word?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Joseph Taylor van Virginia skryf: Ek (as lidmaat) verstaan volkome waarom die kerk hulp aan mense in nood gee. Daaroor is die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan baie duidelik, veral as ‘n mens vers 37b van Lukas 10 onderstreep.

LEES OOK: ‘Hoe dink ons oor hulp?’ – Jan Lubbe in gesprek met ander oor Gasa-skenking

Die probleem is dat mense, wat die kerk (spesifiek die NG Kerk) vyandig gesind is, dit ongelukkig nie so sien nie! Ek, as ‘n gewone lidmaat, moet hierdie mense trotseer en aanhoor hoe die Kerk (volgens hulle) terroriste en Islamiete ondersteun. Dit maak dit bitter moeilik na buite!
My vraag is: “Was dit regtig nodig om dit aan die groot klok te hang?” Veral in die lig van die bergrede in Matteus 6 waar Jesus duidelik in vers 3 en 4 sê: ” Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly”.
Die hele affêre van slegsê en beledigings wat na ons kerk gegooi word, kon vermy gewees het as die moderamem net eers mooi besin het oor die gevolge van die aankondiging!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top