Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

lentekonferensie
Vanjaar se tema is hoe om geloof te bely in die 21ste eeu en die sowat 160 afgevaardigdes wat vanjaar ingeskryf het, kies self uit ’n verskeidenheid van subtemas waaroor hulle meer wil leer by die NG Gemeente Universiteitsoord en lesinglokale op die UP-kampus. Foto's: Le Roux Schoeman

Lentekonferensie 2025 | Om te leer, om te bely – ’n Leergeleentheid in beeld

Die geheim van goeie prediking is jy moet mense oortuig dat God se storie deel van hulle storie is. Só sê prof Chris de Wet tydens een van die sessies wat hy by vanjaar se Lentekonferensie in Pretoria lei. Dat die storie in die Bybelteks en die storie van die hoorder oorvleuel, verduidelik dié Nuwe-Testamentikus aan die Universiteit van Pretoria tydens die jaarlikse leergeleentheid wat leraars help om binne gemeenskap met ander met voortgesette opleiding te volhard.
Vanjaar se tema is hoe om geloof te bely in die 21ste eeu en die sowat 160 afgevaardigdes wat vanjaar ingeskryf het, kies self uit ’n verskeidenheid van subtemas waaroor hulle meer wil leer by die NG Gemeente Universiteitsoord en lesinglokale op die UP-kampus.
Prof Rantoa Letšosa, die dekaan van die Fakulteit Teologie en Religie by UP, het afgevaardigdes gul verwelkom en uitgenooi om moeilike vrae te stel ten einde dieper te leer.
Die Metodiste-prediker eerw Trevor Hudson was een van die eerste sprekers, oor die onderwerp “Embodying the Word today”. Ook Kerkbode-medewerkers Jaco Strydom en Rudi Swanepoel neem vanjaar deel in ’n sessie wat kyk na die potensiaal van stories en dié se “geheime krag”. Lees meer by lentekonferensie.co.za.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top