Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Jan Fourie, Reebok skryf: Dit is binnekort weer Geloftedag – ‘n besondere dag van herinnering en geloof. Ons voorouers het in 1838 onderneem om, indien hulle sou oorwin en so van uitwissing gered word, dié dag elke jaar as ‘n dankdag, soos ‘n sabbat, deur te bring.
Ek wil graag alle Kerkbode-lesers aanmoedig om vanjaar ‘n Geloftefeesbyeenkoms by te woon.
In ’n wêreld vol haastigheid en verdeeldheid, is dit goed om weer stil te word, ons geskiedenis te onthou en saam te getuig van God se trou.
Mag ons vanjaar doelbewus die pad aandurf na ’n byeenkoms naby ons – sodat ons nie net die geskiedenis gedenk nie, maar ook ons geloof saam versterk.
