Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg

Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid?

Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het.

LEES OOK: Oos-Kaapse Sinode sê: ‘Hierheen stuur God ons …’

Skep ons deur heethoofdigheid, vervreemding van ons eie emosies en gekose onkunde oor die voortdurende invloed van ons kinderjare, nadelige uitkomste in ons lewe? En hoe breek ’n mens so ’n patroon? Dreyer betrek die insig van Carl Jung met die aanhaling: “Until you make the unconscious conscious, it will direct your life and you will call it fate.”

LEES OOK: Flits uit ’n sinode-sitting (Dag 2) | Hoe goed ken jy die geskiedenis en jou eie storie?

Hieroor kon sinodegangers nadink en gesels want vir drie aande in ’n ry was Dreyer die gasspreker by die sinodesitting in Gqeberha. Kerkbode het tussendeur die dagsessies wat sinodegangers met ander gesprekke en onderwerpe besig gehou het, eenkant gaan sit met dié praktiese teoloog en haar gevra om die verskil tussen berading en psigologie te verduidelik. Sy het oor die rol van geloof in haar eie lewe gepraat en verduidelik hoe sy dink oor die etiket van “baanbreker” wat dikwels op haar geplak word. (Dreyer was die eerste vrou wat toegelaat is tot die bediening in enige van die Afrikaanse susterkerke en die eerste vroue-professor aan UP se fakulteit teologie).

“Selfinsig en bly groei, is maar die belangrikste ding, dink ek, as ’n mens nie skade aan ander wil doen, vanuit jou eie stukkendheid nie. Want niemand van ons is heel nie. So êrens moet ons met ons eie stukkendheid te rade gaan, sodat my stukkendheid nie vir jou seermaak nie,” verduidelik Dreyer deur die loop van hierdie aflewering van Kollig, wat sowat 23 minute duur.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top