- Hierdie kennisgewings is op 28 November 2025 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds RA (Rudolph) du Plooy (emeritus) van Reivilo na Schweizer-Reneke; ds BF (Francois) Gouws van Springs-Oos na Riviersonderend; ds D (Dewald) Hoffman, tentmakerleraar van Gordonsbaai na Grabouw; prop M (Marno) Plaisier van Rietfontein-Suid na Durbanville; ds MHO (Otto) van Heerden van Phalaborwa na Loeriesfontein.
AANVAAR
Prop S-H (Sheldon) Grahan na NG Gemeente Elarduspark; ds CBN (Charlotte) Sibanyoni as gekoppelde leraar na Universiteitsoord.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Op ’n spesiale kerkraadsvergadering wat gehou is op 19 November 2025, het die kerkraad van NG Gemeente Grabouw besluit om vir ds Dewald Hoffmann (tans tentmakerpredikant by NG Gemeente Gordonsbaai) te beroep as ’n voltydse leraar. (Ulena Groenewald, skriba/kassier: NG Kerk Grabouw, 20.11.2025).
Hiermee lig ek u graag in dat prop Marno Plaisier van NG Kerk Rietfontein-Suid, Pretoria, beroep is na Durbanville Gemeente tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2026. (Jackie Pretorius, bestuurder: steundienste: NG Kerk Durbanville, 19.11.2025).
Graag wil ek die bevestiging deurstuur dat ds Francois Gouws van die NG Gemeente Springs-Oos op ’n kerkraadsvergadering gehou op 17 November 2025, beroep is na die NG Gemeente Riviersonderend. (Liezl van Deventer, voorsitter: kerkraad; NG Gemeente Riviersonderend. 18.11.2025).
Tydens ’n kerkraadsvergadering op Donderdag, 20 November 2025, is ds MHO (Otto) van Heerden van Phalaborwa as leraar na die NG Kerk Loeriesfontein beroep. (Jana Lock, skriba: NG Kerk Loeriesfontein, 24.11.2025).
BEVESTIGING
Kennis geskied hiermee dat ds Willem Sauer se bevestiging en intreepreek by NG Gemeente Somerset-Wes op 11 Januarie 2026 sal plaasvind. (Liesle Janse van Rensburg, skriba: NG Gemeente Somerset-Wes, 27.11.2025).
EMERITAAT
Ds Jurie Marthinus van Zyl van die NG Gemeente Vredenburg se Akte van Demissie by emeritaat sal op 28 Desember 2025 aan hom oorhandig word. Dit is geldig vanaf 31 Desember 2025. (Lydia Botha, Finansies: NG Gemeente Vredenburg, 19.11.2025).
Ds Heerden van Niekerk, leraar by die NG Kerk Welgemoed, het op 2 September 2025 ’n beroep na die NG Gemeente De Rust ontvang en is in ’n deeltydse vastetermynpos vanaf 1 Januarie 2026 aangestel. Hy ontvang op 23 November 2025 sy Akte van Demissie by emeritaat by die NG Kerk Welgemoed.
Ds Kobus van Rooyen, leraar van die NG Kerk Bellville-Noord, ontvang op Sondag 23 November 2025 sy Akte van Demissie by emeritaat. (Dr AS (Annemarie) de Kock-Malan, ringskriba: Ring van Bellville, 18.11.2025).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ons bevestig dat ds Deon Groenewald van NG Kerk Pietersburg-Noord op 16 November 2025 deur ds Christo Weideman van NG Kerk Kroonheuwel-Noord in die NG Kerk Edenville bevestig is vir ’n vastetermynpos van drie jaar. Deon en Ester was by NG Kerk Pietersburg-Noord betrokke vir twee jaar en hy het emeritaat ontvang einde September 2025. (Wouda Wessels, skriba: NG Gemeente Edenville, 17.11.2025)
GOUDLAND
BEROEP
Ds Rudolph A du Plooy van die NG Gemeente Reivilo is tydens ’n beroepingsvergadering op 17 November 2025 beroep na die NG Moedergemeente Schweizer-Reneke as leraar. (Gwen Fourie, skriba: NG Moedergemeente Schweizer-Reneke, (18.11.2025).
DEMISSIE
Die Akte van Demissie is aan ds Jacobus Stephanus Kloppers gegee deur die kerkraad van die NG Gemeente Sederpark tydens die erediens op 2 November 2025. Dit is gedoen vanweë die finansiële posisie van die gemeente na oorlegpleging tussen die leraar, die kerkraad en die Ring van Lichtenburg. Ds Kloppers is dus beroepbaar. (Ds Ben Botha, skriba: Ring van Lichtenburg, Goudland Sinode, 03.11.2025).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Ds Charlotte Sibanyoni is op Sondag 23 November 2025 as gekoppelde leraar bevestig by die NG Gemeente Universiteitsoord. (Anuschka Smit, kerkraadvoorsitter: NG Gemeente Universiteitsoord, 23.11.2025).
EMERITAAT
Ek stel u in kennis dat die NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat) aan die einde van 2025 afskeid neem van ds MJ (Tienie) Bosman. Hy het reeds in 2023 geëmeriteer en was die afgelope twee jaar in ’n kontrakpos by die gemeente. (Ds Ernst van Wyk, skriba: Ring van Suidoos-Pretoria, 26.11.2025).
OOSTELIKE
BEROEP
Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Gemeente Middelburg dat ds MFR (Marnus) Geyser van Marchand op 2 November 2025 na Middelburg beroep is. (HH Groenewald, saakgelastigde: NG Gemeente Middelburg Tvl, 10.11.2025).
AANVAAR
Met groot blydskap kan ons die volgende nuus deel: Prop Sheldon-Hugh Grahan het die beroeping aanvaar by NG Elarduspark vanaf 1 Desember 2025. Sy bevestiging vind plaas op 18 Januarie 2026. (Riaan van Zyl, gemeentebestuurder: NG Gemeente Elarduspark. 19.11.2025).
EMERITAAT
Hiermee kennis van die emeritaat van dr FRL (Frikkie) Coetzee op 31 Desember 2025 as voltydse leraar by NG Gemeente Lux Mundi. Sy afskeidspreek vind plaas op Sondag 7 Desember 2025 om 09:00 by Lux Mundi. (Marco la Grange, leraar: NG Gemeente Lux Mundi, 24.11.2025).
