#leefLiGter, ’n gesamentlike projek van LiG-tydskrif en Kerkbode wat kort oordenkings in videoformaat aanbied, se sesde reeks het op 1 Desember begin.
By die 20 NG predikante vanuit vyf provinsies neem deel aan die nuutste aflewering van hierdie gewilde reeks. Elke dag dwarsdeur die Feesseisoen tot einde Januarie sal ’n kort inspirasie verskyn rondom die tema: God se Woord en ek. Kyk gerus hiervoor uit op Kerkbode en LiG se Facebook en Instagram-blaaie.
Hier is van die oordenkings wat sedert 1 Desember verskyn het.
- Die Christelike leefstyltydskrif, LiG, is Kerkbode se susterpublikasie en word ook deur Bybel-Media uitgegee.
Geborg
