Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Resensie: Leser word getuie van diepe transformasie in debuutroman

Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers

Uitgewer: Human & Rousseau, 2025

Resensent: Neels Jackson

Met Johannes de Villiers se debuutroman Op pad na ’n klooster in die sneeu, neem hy sy leser op ’n meesleurende reis. In baie opsigte is dit ’n reis na binne. Dit is ’n reis wat elkeen op ’n manier onderneem: die soektog na ’n sinvolle bestaan.

Uiteraard speel godsdiens ’n belangrike rol, en hier is die agtergrond die Katolieke tradisie. Vir baie Afrikaanse lesers mag dit vreemd wees, maar die verhaal val nie vas in die Katolisisme nie. Dit val ook nie vas in dogmatiese gesprekke nie.

Dit gaan hier oor mense van verskillende generasies en verskillende kulture en hulle belewenisse, hulle hunkeringe en hulle soeke.

In die proses voer De Villiers die leser mee na die middel van die Stille Oseaan, na die strate van Parys, op ’n treinrit van Rome na die Italiaanse platteland, en na sneeubedekte landskappe met kloosters en kerke.

Dit is ’n sagte reis waar ’n mens uiteindelik getuie word van die transformasie van die verteller – van ’n onvergenoegde jong man wat wil vlug van ’n doellose bestaan, tot iemand wat met ’n totaal ander oog na sy medemens kyk.

Beskikbaar by Takealot.

Neels Jackson was voorheen redakteur van Kerkbode.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top