- Hierdie kennisgewings is op 12 Desember 2025 opgedateer.
- Die volgende Amptelike Nuus verskyn vroeg in Januarie 2026. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Prop JE (Jugi) Barnard na Jeffreysbaai; prop CD (Chaldin) Bezuidenhout na Boshof; prop Karla Grahan (geb Smit) na Pretoria-Garsfontein; prop WS (Stefani) Nel as jeugleraar na Roodekrans; prop W (Wihan) Rossouw na Hottentots-Holland; dr J (Juppi) Steurer van Sasolburg-Fontein na Potchefstroom-Grimbeekpark.
AANVAAR
Prop DF (Dhaniel) Gouws na Ashton.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee stel ek u graag in kennis dat prop Wihan Rossouw beroep is na NG Kerk Hottentots-Holland tydens die beroepingsvergadering van NG Kerk Hottentots-Holland op Dinsdagaand, 9 Desember 2025. Wihan is tans proponent by NG Kerk Raslouw in Pretoria as jeug- en aanbiddingsleier. (Yolandi de Leeuw den Bouter, skriba: NG Gemeente Hottentots-Holland, 10.12.2025).
AANVAAR
Prop Dhaniel Francois Gouws het die beroep na die NG Gemeente Ashton aanvaar. Hy begin op 1 Januarie 2026 as voltydse leraar. Sy bevestiging en intreepreek vind op 4 Januarie 2026 plaas. (Karla Feuth, skriba: NG Kerk Ashton, 10.12.2025).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die gemeenteraad van NG Gemeente Jeffreysbaai het op 02 Desember 2025 vir prop Jörgen (Jugi) Barnard beroep as voltydse leraar met opdrag: Families: Jonk (Gr 7-12). (Ds Joe Janse van Rensburg, gemeenteleier: NG Gemeente Jeffreysbaai, 11.12.2025).
VRYSTAAT
BEROEP
Dit is ’n groot voorreg om te kan meedeel dat prop Chaldin Diogene Bezuidenhout beroep is na NG Gemeente Boshof, Vrystaat tydens ’n kerkraadsvergadering op Woensdag 03 Desember 2025. (Nerine Ebersohn, skriba: NG Gemeente Boshof, 05.12.2025).
GOUDLAND
BEROEP
Tydens ’n beroepingsvergadering op 17 November 2025 is proponent Wilma Stefani Nel na Roodekrans-gemeente beroep as jeugleraar. (Helene de Jager, saakgelastigde: Roodekrans-gemeente, 09.12.2025).
Op ’n buitengewone vergadering van die gemeenteraad van NG Gemeente Grimbeekpark, Potchefstroom, gehou op 9 Desember 2025, het die gemeenteraad vir dr J Steurer van NG Kerk Sasolburg-Fontein, beroep as voltydse leraar. (Nardo Conradie, saakgelastigde: NG Gemeente Grimbeekpark, 10.12.2025).
OOSTELIKE
EMERITAAT
Dr Hancke van Blerk het op Sondag 7 Desember, na bykans 37 jaar in die bediening as leraar by die NG Gemeente Piet Retief, sy Akte van Demissie by Emeritaat ontvang. Ouderling Schawie Maree het namens die Ring van Wakkerstroom die oorhandiging waargeneem. Hy het Van Blerk en sy vrou René bedank vir hulle besondere bemoeienis met lidmate, en die gemeenskap van Piet Retief oor die jare heen. Die egpaar sal nog ’n paar maande betrokke wees in sy huidige gemeente, in afwagting van ’n kontrakpos elders. (Fanie Vermaak, kerkraadslid: NG Gemeente Piet Retief, 12.12.2025).
BEROEP
Neem asseblief kennis dat NG Gemeente Pretoria-Garsfontein vir prop Karla Grahan (geb Smit) beroep het in ’n deeltydse, vastetermyn predikantspos in die gemeente. (Ds Ronnie Stanton, bedryfsbestuurder: NG Gemeente Pretoria-Garsfontein, 12.12.2025).
