Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Januarie 2026)

BEROEP

Dr FRL (Frikkie) Coetzee (emeritus) vroeër van Lux Mundi na Riviera-Jakaranda; ds A (Anton) Kemp (emeritus) vroeër van Middelburg na Villiers.

AANVAAR

Dr SJ (Stephan) Naudé van Doornkloof Familiekerk na Kogelberg (Kleinmond); ds MHO (Otto) van Heerden van Phalaborwa na Loeriesfontein.

BEDANK

Prop Karla Grahan vir Pretoria-Garsfontein.

WES-KAAP

AANVAAR

Hiermee gee die kerkraad van die NG Gemeente Loeriesfontein kennis dat ds MHO (Otto) van Heerden van Phalaborwa die beroep na Loeriesfontein aanvaar het. (Jana Lock, skriba: NG Gemeente Loeriesfontein, 02.01.2026).

Dr Stephan Naudé van Doornkloof Familiekerk in Centurion het die beroep na die NG Gemeente Kogelberg (Kleinmond) as tweede voltydse leraar aanvaar en sal op 1 Februarie 2026 diens aanvaar. (Heinrich Carstens, leraar: NG Gemeente Kogelberg, 18.12.2025).

BEVESTIGING

Die bevestiging van ds Heerden van Niekerk as ’n vastetermynleraar by die NG Gemeente De Rust vind plaas op Sondag 25 Januarie 2026 om 09:30 by die kerkgebou in Le Rouxstraat 23, De Rust. (Gerrit Roberts, DVK-voorsitter nms kerkraad: NG Gemeente De Rust, 08.01.2026).

VRYSTAAT

BEROEP

Ds Anton Kemp van Middelburg is beroep na die NG Gemeente Villiers. (Erika van Niekerk, saakgelastigde: NG Gemeente Villiers, 19.12.2025).

NOORDELIKE

BEROEP

Dr FRL (Frikkie) Coetzee (emeritus) is beroep na die NG Gemeente Riviera-Jakaranda in Pretoria. (Uys Cornel, voorsitter: diensverhoudinge: NG Gemeente Riviera-Jakaranda, 19.12.2025).

OOSTELIKE

BEROEP

Prop Karla Grahan het nie die beroep na NG Gemeente Pretoria-Garsfontein aanvaar nie. (Ds Ronnie Stanton, bedryfsbestuurder: NG Gemeente Pretoria-Garsfontein, 05.12.2025).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top