- Hierdie kennisgewings is op 16 Januarie 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
AANVAAR
Prop CD (Chaldin) Bezuidenhout na Postmasburg; prop L (Lisa) van der Merwe as diensleraar na Nelspruit-Suid; ds AFdeN (Adriaan) Vogel van Daniëlskuil na Kuilsrivier-De Eike.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Adriaan Vogel van NG Kerk Daniëlskuil is op Sondag 11 Januarie 2026 bevestig as voltydse leraar by NG Kerk Kuilsrivier-De Eike. Die bevestiging is waargeneem deur ds Johan Janse van Rensburg. Ds Vogel lewer op Sondag 18 Januarie 2026 sy intreepreek. (Mariana van Schalkwyk, Saakgelastigde, NGK Kuilsrivier-De Eike).
OOS-KAAPLAND
GEMEENTESTIGTING
Die stigting van die NG Gemeente Rhodes vind op Sondag 1 Maart 2026 om 10:00 plaas in die NG Kerk Rhodes, geleë op die hoek van Kerkstraat en Naudestraat.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om hierdie besondere geleentheid saam met ons te vier. Ons rig ’n spesiale uitnodiging aan alle oud-inwoners, nageslagte, families en vriende wat deel was van die voormalige Rossville-gemeente, wat 130 jaar gelede gestig is. Kom beleef saam met ons hierdie historiese en vreugdevolle mylpaal in die lewe van Rhodes. (JG (Jaco) Schoeman, ondervoorsitter: kerkraad NG Gemeente Rhodes, 15.01.2026).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Hiermee gee die kerkraad van die NG Gemeente Postmasburg met groot opgewondenheid kennis dat prop Chaldin D Bezuidenhout die beroep by ons aanvaar het. Ons dank die Here vir hierdie nuwe fase in ons gemeente. Hy word op 16 Januarie 2026 in die amp bevestig. (Wilma van Zyl, sekretaris: NG Gemeente Postmasburg, 16.01.2026).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Hiermee wil die kerkraad van die NG Gemeente Nelspruit-Suid graag kennis gee dat diensleraar Lisa van der Merwe, wat beroep is, aanvaar het en op 11 Januarie bevestig is as diensleraar vir gemeentebediening met fokus Jeug. (Henriëtte Sieckers, admin. beampte: NG Gemeente Nelspruit-Suid, 13.01.2026).
