Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 23 Januarie 2026)

AANVAAR

Ds D (Dawie) Rotteveel van Pretoria-Tuine na Harare.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Danie Goosen van NG Kerk Groot-Brakrivier is op Sondag 18 Januarie 2026 bevestig as voltydse leraar by NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen. Die bevestiging is waargeneem deur dr Pieter van der Walt. Ds Goosen het ook op Sondag 18 Januarie 2026 sy intreepreek gelewer. Ons dank die Here vir hierdie nuwe fase in ons gemeente. (Christelle Otto, skriba: NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen, 20.01.2026).

OOS-KAAPLAND

EMERITAAT

Na aanleiding van bepaling 12.6 van reglement 12 van die Kerkorde van die NG Kerk in Oos-Kaapland, ontvang hierdie skrywe. Die ringskommissie van die Ring van Uitenhage (RK) is formeel deur die kerkraad van die NG Kerk Uitenhage-Winterhoek meegedeel dat ds Hendrik Johannes Meyer op 28 Februarie 2026 sal emeriteer. Die Ringskommissie het by vergadering van 22 Januarie 2026 die nodige opdragte verleen vir die uitreik van Vorm 12, Akte van Demissie by Emeritaat en die gemeente sodanig in kennis gestel. (Ds Llewellyn Oliver, ringskriba: Ring van Uitenhage, 23.01.2026).

GOUDLAND

EENWORDING

Hiermee word kennis gegee dat die eenwordingsproses tussen NG Culembeeck, NG Mindalore en NG Witpoortjie, soos bepaal deur Reglement 27 van die NG Kerkorde, ordelik deurloop is en deur die bevoegde strukture hanteer is. Die Ring het die eenwording en inlywing goedgekeur, met die vasgestelde inwerkingtredingsdatum (inlywingsdatum) as DV 25 Januarie 2026. Die besluit is reeds afgekondig vanaf 11 Januarie 2026 en sal ook op 18 Januarie 2026 in die afkondigings van NG Culembeeck verskyn, in ooreenstemming met die Kerkorde se vereistes rakende bekendmaking aan lidmate. (Ds Lame Faasen, ringskriba, 20.01.2026).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Ds Dawie Rotteveel van NG Gemeente Pretoria-Tuine is op 18 Januarie bevestig en het sy intreepreek gelewer as nuwe leraar van die NG Gemeente Harare in Zimbabwe. (Judy Oberholzer, saakgelastigde: NG Gemeente Harare, 19.01.2026).

HOËVELD

EMERITAAT

Ds CW (Corrie) Greeff het op 2 Januarie 2026 geëmeriteer. Hy is verder aangestel in ‘n vastetermynpos vir drie jaar by NG Gemeente Mooifontein. (Ds Hendrien van Vliet, ringskriba: Ring van Birchleigh, 22.01.2026).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Prop Sheldon-Hugh Grahan is bevestig by NG Elarduspark op 18 Januarie 2026 deur dr Lieze Meiring. (Riaan van Zyl, gemeentebestuurder: NG Elarduspark, 20.01.2026).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top