Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Ansa Kuter skryf: Die NG Moedergemeente Nigel is vanjaar 90 jaar oud. Die feeserediens vind op Sondag 22 Maart 2026 om 10:00 plaas.
Ons wil, DV, al om 09:30 begin saamsing uit die Halleluja.
Alle oud-lidmate, ringsleraars en hul gades, asook ander belangstellendes word uitgenooi na die feesdiens en die gesellige saamwees daarna.
Op dié dag wil ons ook na stories uit die gemeente se geskiedenis luister. Indien u weet van so ’n storie of ‘n groeteboodskap wil stuur, ontvang ons dit graag by ngkerknigel@lantic.net. Stuur dit vir ons deur teen 6 Maart 2026, sowel as om ons te laat weet of u kan bywoon, asb?
Vir meer inligting, skakel Ansa Kuter by 069 458 2235 (kantoorure: Ma-Vry 08:00-12:00).
