Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 27 Februarie 2026)

BEROEP

Prop A (Angie) Deiner as deeltydse diensleraar na Middelburg-Suid; prop MG (Mart) Leonard as tentmaker-diensleraar na Middelburg-Suid; ds JJ (Koos) van Zyl vroeër van Upington-Blydeville na Buffelsrivier.

AANVAAR

Ds JJ (Hansie) Breedt (emeritus) na Williston; ds JJ (Koos) van Zyl vroeër van Upington-Blydeville na Buffelsrivier.

NOORD-KAAPLAND

AANVAAR

Ds JJ (Hansie) Breedt (emeritus) het die beroep aanvaar na die NG Gemeente Williston. Hy is nie tans voltyds leraar by ’n gemeente nie, maar wel betrokke by Operasie Mobilisasie as Internasionale Direkteur van Versorging en hy was deel van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington tot einde 2025. (Louise Burger, saakgelastigde: NG Gemeente Williston, 19.02.2026).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Op 25 Januarie 2026 is ds JJ (Koos) van Zyl beroep na NG Kerk Buffelsrivier. Hy was tot Februarie 2024 leraar by die NG Kerk Upington-Blydeville. Hy is tans woonagtig in Garsfontein, Pretoria. Tydens die approbasietyd het geen besware ingekom nie. Nadat die Ring van Oos-Londen die beroep en dienskontrak goedgekeur het, is die beroepsbrief na ds van Zyl gestuur op 8 Februarie 2026. Hy het die beroep na die gemeente aangeneem. Hy en sy vrou, Corne, sal hier in NG Buffelsrivier kom bedien. Die datum van sy bevestiging is Sondag, 1 Maart 2026. Sy bevestiging sal waargeneem word deur ds WP Petzer, leraar van die NG Kerk Wesheuwels. (Ds JH Kleynhans, skriba: Ring van Oos-Londen, 19.02.2026).

OOSTELIKE

BEROEP

Op die kerkraadsvergadering van die NG Gemeente Middelburg-Suid op 22 Februarie 2026 is daar besluit om vir Marthina Gerthina (Mart) Leonard te beroep as tentmaker-diensleraar asook vir Angelique Deiner (Angie) te beroep as deeltydse diensleraar. (Jeannie Hattingh, skriba: NG Gemeente Middelburg-Suid, 24.02.2026).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top