Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Woorde wat vrede maak’ – ’n inisiatief om wêreldstede met poësie te bombardeer

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Andre Agenbag van Stellastraat skryf: “Geseënd is hulle wie se woorde vrede maak want aan hulle behoort die koninkryk van God”. ’n Groep Chileense digters het begin met ’n inisiatief om wêreldstede met poësie te bombardeer. Die vertrekpunt was eenvoudig: Die stede wat met gedigte gebombardeer is verdien dat die hemelruim aan hulle terug besorg word. 

Tot dusver is die volgende tien stede reeds digterlik gebombardeer: Santiago, Chili (2001), Dubrovnik, Kroasië (2002), Guernica, Spanje (2004), Warskou, Pole (2009), Berlyn, Duitsland (2010), Londen, Verenigde Koninkryk (2012), Milaan, Italië (2015), Madrid, Spanje (2018), Rotterdam, Nederland (2025), Barcelona, Spanje (2026). Ek het uittreksels uit vier gedigte in Afrikaans vertaal:  

Londen (2026). Die volgende gedig is oorspronklik in Spaans geskryf deur die Chileense digter Pablo Jofré: En ons beur blindelings vorentoe, terwyl ons die gewig dra van ’n eeu wat vergeet het hoe om te rus. Ons betree die lig, broos soos papier; ons wag vir die hemel om te val— nie met yster nie, maar met die skielike genade van ’n woord. 

Berlyn (2010). Hierdie uittreksel uit ’n gedig is deur die Chileense digter Rodrigo Rojas geskryf: Die stad is ’n padkaart  van grasbedekte letsels. Ons stap onwetend oor grafte;  ons luister na die gedruis van die verkeer waar die bomme eens gefluit het. Maar vanaand vergeet die lug die yster. Vanaand behoort die hemel aan hulle wat lees. 

Rotterdam (2025). Hier volg ’n uittreksel uit ’n gedig wat gesamentlik deur verskeie digters geskryf is: Kyk op sonder om terug te deins. ’n Skaduwee skuif oor die stene, maar dis slegs ’n wolk, slegs ’n voël, slegs ’n bladsy geskeur uit ’n boek van vrede. Die beton het die vuur vergeet. Die rivier onthou jou naam. 

Laastens, Santiago (2001). Hierdie uittreksel uit ’n gedig is geskryf deur die legendariese Chileense digter Raúl Zurita. Hy is tydens die diktatorskap van Augusto Pinochet gevange geneem en gemartel. Skryf die verlies in die lug neer.  Laat die ink die rook van die vliegtuie uitvee.  My land is ’n vlakte van gebreekte glas,  maar vandag weerkaats die skerwe die sterre.  Ons is steeds hier.  Ons het die nag oorleef. 

Inderdaad: “Geseënd is hulle wie se woorde vrede maak want aan hulle behoort die koninkryk van God” 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top