Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | Kerk in hof: Gaan die kerk in ds Coetzee se geval ook eerbare optrede sien?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Die gebeure rondom G3 Church Network en pastoor Tom Tuck, die leraar van die First Baptist Church of Lindale in Texas, trek oral in die internasionale Gereformeerde Baptiste media en op hulle sosiale platforms aandag. Pastoor Buck is daarvan beskuldig dat hy op groot skaal plagiaat gepleeg het deur dele van ander predikante en kommentare se werk in sy eie preke te gebruik sonder om erkenning te gee. Vier van G3-netwerk en Pray’s Mill Baptist Church-leiers (Scott Aniol, Matt Sikes, Dylan Joyner en Jon Norton) het anoniem bewerings van preek-plagiaat teen Buck versprei. Aangesien dit deur die plaaslike kerkraad hanteer is, het hulle die saak as afgehandel beskou, maar dit is deur ander pastore oopgevlek wie agter die anonieme berigte was. Die vier betrokke leiers het besef dat hulle in ’n hoek gedryf is. Dit het daartoe gelei dat die betrokke leiers self belydenis gedoen het en vrywillig bedank het. Hulle het ook ’n amptelike brief aan Tom Buck en sy kerk se leierskap gestuur waarin hulle skuld bely het en erken het dat hulle “onbybels en sondig ingemeng het” in die tugproses van ’n ander outonome plaaslike kerk sonder om al die feite te ken.

LEES OOK | Kerk in hof: ‘Dié uitspraak is ’n oorwinning vir geregtigheid’

Dit het my laat dink aan die gebeure rondom ds Marius Coetzee: Die Kaapse Hooggeregshof het op 2 Junie 2026 die tugbesluite en delegitimasie teen ds Marius Coetzee tersyde gestel op grond van ernstige prosedurele gebreke. Regter Michelle Louw het in sy guns beslis omdat die basiese beginsels van billikheid en natuurlike geregtigheid nie nagekom is nie en die NG Kerk sy eie amptelike Kerkorde en interne reëls verontagsaam het. Verder was Coetzee se versoek om uitstel redelik aangesien hy onvoldoende voorbereidingstyd vir die verhoor gegee is. Daarbenewens was die betrokke ringstugliggaam van die Ring van Knysna foutief saamgestel en nie behoorlik gekonstitueer nie, terwyl die plaaslike kerkraad van die NG Gemeente Karatara-Sedgefield ook verkeerdelik heeltemal uit die proses uitgesluit is.

“Die Here het ’n afsku van wie die skuldige onskuldig verklaar én van wie die onskuldige skuldig verklaar.” – Spreuke 17:15 (AFR83) – hierdie teks waarsku teen twee sake: om die skuldige vry te spreek én die onskuldige te veroordeel. Ds Coetzee se saak herinner ons: Waarheid én regverdige prosesse moet altyd eerste staan. Die saak behoort ons ook nederig te maak: Voordat daar in ’n ander kerkraad se tug en besluite ingemeng word, moet seker gemaak word van die feite en die proses gerespekteer word.

Die vier G3-leiers het die eerbare ding gedoen. Gaan die kerk in ds Coetzee se geval ook eerbare optrede sien?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top