Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die oorsprong van die Kaapse Sinodale Argief dateer terug na 11 November 1826 toe die Sinode besluit het dat die Actuarius ook as Archivarius moes optree.

Tydlyn: Die geskiedenis van die NG Kerk in Suid-Afrika se Argief

Die geskiedenis van die NG Kerk in Suid-Afrika strek oor byna vier eeue. Hierdie tydlyn gee ’n oorsig van die Kerkargief en die NG Kerk se verhaal (en verhouding) aangesien die Argief haar tweehonderdste bestaansjaar vier. Sedert die eerste erediens wat ds. Backerius ná die aankoms van Jan van Riebeeck en sy bemanning in 1652 aan die Kaap gelei het, het die kerk gegroei tot ’n wêreldwye geloofsgemeenskap. Die spore van hierdie geskiedenis word vandag in die Kerkargief bewaar, waar ongeveer 5 000 meter rakspasie gevul word met ’n ryk verskeidenheid dokumente en ander historiese bronne.

Die Reglement vir die Argief bepaal dat die NG Kerk die geheue van die kerk moet bewaar en uitbrei deur die versameling, bewaring en beskikbaarstelling van argiefmateriaal. Die oorsprong van die Kaapse Sinodale Argief dateer terug na 11 November 1826 toe die Sinode besluit het dat die Actuarius ook as Archivarius moes optree:

Hij zal daarbenevens al de Synodale papieren, dokumenten, enz., als Archivarius onder zijn opzigt nemen, dezelve zorgvuldig bewaken en bewaren, en      wel die allen te zamen leggende in eene daartoe aan te leggene, secuur gemaakte en wel geslotene kist te plaatsen, en dat tot meerdere bedekking en beveiliging in eenig welverzekerd kerklocaal.

– Handelingen, 1826

 

Tydlyn

1652                Eerste godsdiensoefening aan die Kaap deur ’n sieketrooster (28 April)

1652                Kaapse gemeente vorm deel van Klassis van Amsterdam; predikante is VOC-amptenare

1665                Eerste predikant, ds. Joannes van Arckel, deur VOC aangestel

1665                Kaapstad Gemeente (eerste gemeente) gestig

1665                Kerken-boek van de Caab van Goede Hope – oudste kerkdokument in Argief

1686                Stellenbosch Gemeente gestig (tweede gemeente)

1691                Drakenstein Gemeente (derde gemeente) – op versoek van Franse Hugenote gestig

1695                VOC instruksies vir sieketroosters en predikante om inventarisse en dokumente aan die VOC oor te handig

1743          Roodezand Gemeente gestig (vierde gemeente)

1745          Zwartland Gemeente gestig (vyfde gemeente)

1795                Eerste Engelse besetting – skeiding tussen Kerk en Nederlandse Staat

1804                Kaap onder Engelse beheer; verbintenis met Klassis van Amsterdam verbreek; Kerkorde van Kommissaris J.A. de Mist in gebruik geneem

1814          Evangelische Gezangen (1805) ingevoer

1822                Eerste Skotse predikante arriveer, waaronder ds. Andrew Murray

1824                Eerste Sinodesitting van Kaapse Kerk (13 predikante, 10 ouderlinge)

1826                Sinode besluit om argief te vestig

1826                J.C. Berrange van NG Gemeente Kaapstad as eerste Actuarius-Archivarius aangestel

1826                Abraham Faure beklee die pos van Actuarius-Archivarius nadat Berrange skielik oorlede is. Faure vul die pos tot sy aftrede in 1867

1829          Zuid-Afrikaansche Athenaeum gestig

1837                Sinodesitting insake die Groot Trek (verdeeldheid tussen leraars en lidmate)

1839                De Honigby het tot stand gekom

1839          Pietermaritzburg Gemeente gestig

1841          Winburg Gemeente gestig

1842                Naam van die Kerk word vasgestel: Nederduitsch Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika

1842                Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika met eerste gemeente in Potchefstroom gestig

1842                Opdrag aan die Argivaris om ’n Algemene Register van lidmate van die NG Kerk op te stel

1843                Kerk word onafhanklik van Staatsbeheer (Ordonnansie 7 van 1843)

1849                De Honigby word De Gereformeerde Kerk-bode in Zuid-Afrika

1850                Rustenburg Gemeente gestig

1855          Pretoria Gemeente gestig

1857                Sinode besluit om te onderskei tussen buite- en binnelandse sending: Zending Commissie word in die lewe geroep

1859                Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika word in Rustenburg gestig

1859                Teologiese Kweekskool op Stellenbosch geopen

1859                Begin van herlewingsbeweging n.a.v. Amerikaanse en Britse herlewingsbewegings

1862                Sinodes ontstaan buite die grense van die Kaapkolonie (as gevolg van die Loedolff-saak)

1863                De Kinderharp (Herlewingsliedere deur ds. Charles Murray versamel en vertaal) gepubliseer

1863                Sendingstasie vir die Basotho’s deur Alexander en Hessie MacKidd in die Soutpansberge gestig

1864          NG Kerk in die Oranje-Vrystaat Sinode gestig

1864          NG Kerk van Natal Sinode gestig

1866          NG Kerk van Transvaal Sinode gestig

1866                Argief van Transvaal Sinode gestig

1866                Saulspoort sendingstasie in Transvaal deur ds. Henri Gonin gestig

1867                Ds. Andrew Murray beklee die pos van Actuarius-Archivarius

1869                70 Gemeentes in die Kaapse Sinode

1873                Buitelandsche Zending Commissie: alles buite die grense van die Kaapkolonie word deel van buitelandse sending

1874          Hugenote Seminarie op Wellington gestig

1876                Die Sinode besluit dat die argivaris jaarliks die statistieke van gemeentes moet opstel en publiseer in De Kerkbode

1876                A.D. Lückhoff beklee die pos van Actuarius-Archivarius

1881          Eerste Sinodesitting van NG Sendingkerk

1882          De Halleluja (opvolger van De Kinderharp)    gepubliseer

1883          Sendinginstituut in Wellington gestig

1883                Die amp van “Zaakgelastigde der N.G. Kerk” word geskep, Saakgelastigde vervul ook die rol van argivaris

1889                Ds. AC Murray vestig Njassaland (Malawi) sendingstasie, Mvera

1890                Vrouesendingbond gestig

1890                103 Gemeentes in die Sinode

1890                Eerste verwysing na argiefskenkings in notule

1891                Ds. AA Louw vestig Masjonaland (Zimbabwe) sendingstasie, Morgenster

1898                S. Muller, J.A. Feith en R. Fruin. Handleiding voor het ordenen en beschrijven van archieven gepubliseer – en later gebruik deur Eerw. Dreyer om die argief se rekords te sorteer en inventarisse op te stel.

1903                Eerste Sinodale gebou, Hugenoten Gedenkteken ingewy, Koningin Victoriastraat, Kaapstad

1907                Argief Bouwstoffen gepubliseer, saamgestel deur ds. Cornelis Spoelstra

1908          Soedansending gestig

1911                De Nederduitsche Gereformeerde Kerken Vereenigingsacte poog om Sinodes van die kolonies en republieke ná Uniewording te verenig

1916          Hugenote Seminarie word as kollege van UNISA ingelyf

1917                Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria (die eerste teologiese fakulteit in Suid-Afrika) gestig

1919                177 Gemeentes in die Kaapse Sinode

1919                Kommissie opgestel om die publikasie van kerklike boustowwe vir geskiedkundige navorsing te ondersoek

1924                Tweede Sinodale gebou, Hugenoten Gedenkteken [Gedenksaal], ingewy, ook in Koningin Victoriastraat, Kaapstad

1928                Eerw. Andries Dreyer aangestel as eerste voltydse Argivaris van die Kaapse Sinodale Kerkargief

1930                Kaapse Sinodale Argief word na verwys as die “Sentrale Argief” van die Kerk

1933                Dreyer onderneem ’n weke lange toer om ’n bestekopname van die Kaapse Gemeentes se argiewe te maak

1940                Kaapse Sinode moedig gemeentes van die Moederkerk en Sendingkerk aan om kerklike tydskrifte, Ringsblaaie, Gemeenteblaaie en Feesalbums, ens., gereeld na die Kerkargief te stuur

1946              Mev. A. Spies, die eerste voltydse argief personeellid, aangestel as tikster en argief-assistent

1951          NG Kerk in Afrika gestig

1953          Mevrou Viljoen aangestel as Argief se boekbinder en restoureerder

1953                ’n Museum-afdeling is vir die eerste keer opgerig in die argieflokaal. Argivaris, dr. J.A.S. Oberholzer vra toestemming om ’n vertoonkas in die argief aan te bring.

1957                Die NG Sendingkerk (vandag die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika: Kaapland Streek) se argivalia is sedert 1957 by die Sinodale Argiewe geberg

1957           Argiefkommissie se verslag aan Sinode spreek nood vir ’n groter werkruimte aan

1957          NG Kerk in Suidwes-Afrika Sinode gestig

1957          NG Kerk in Midde-Afrika Sinode gestig

1959          Ds. A.P. Smit hoof van Argief

1962          Eerste Algemene Sinodesitting van die NG Kerk

1963                Teologiese Seminarium (Kweekskool) word ‘n Fakulteit van die Universiteit Stellenbosch

1965                Argief met brandbestande kluise in Kaapstad opgerig (Kaapse Kerk Sinodale Sentrum op Grey’s Pass)

1965                Argiefpersoneelspan bestaan uit vier lede, insluitend “Die Argivaris”

1968          Reformed Church in Africa gestig

1973          Oos-Kaapland Sinode gestig

1975          Ds. H.C. Hopkins hoof van Argief

1975                Kerkorde stipuleer dat die argiefkommissie uit ten minste agt lede moet bestaan

1979          Noord-Kaapland Sinode gestig

1985          Ds. J.M. Blignaut hoof van Argief

1986                Belhar Belydenis deur NG Sendingkerk aanvaar

1987                Meer as 80 persent van navorsers wat die Argief besoek is familienavorsers

1990                Ds. A. Strydom hoof van Argief

1990                Argief se personeelspan bestaan uit sewe lede

1990                Oorplasing van Sinodale Kerkargief se argivalia aan die Staatsargief tot die skuif na Stellenbosch

1994                NG Sendingkerk en NG Kerk in Afrika smelt saam om Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika te vorm

1997                Grey’s Pass Sentrum is verkoop

2000                Dr. B. Du Toit hoof van Argief

2003                Die Transvaalse Sinodale Argief en die Argief van die Algemene Sinode het amptelik versoek dat hul argiewe saam met die Kaapse Sinodale Argief gehuisves word

2003                Die Argief sluit sy deure vir familienavorsers as gevolg van die digitaliseringsprojekte wat die doop- en huweliksregisters in ander vorme beskikbaar gestel het en om verdere skade aan die registers te verhoed

2004                NG Kerk in Suid-Afrika: Argief betrek huidige gebou in Stellenbosch op die perseel van die Teologiese Fakulteit (Kweekskool); Kaapse en Transvaalse sinodale kerkargiewe word in een gebou byeengebring

2005                ’n Finale “eenheidsargief” ooreenkoms is onderteken tussen die Algemene Sinode, die vier Transvaalse Sinodes, die drie Kaapse Sinodes en haar kerkargief se vennote (die VG Kerk in Suid-Afrika (VGK) Kaapland Streek, die VGK Algemene Sinode sowel as die NGKA Phororo)

2006                Algemene Sinode se Algemene Taakspan vir die Argief- en Bestuursinligtingsdienste (ATABID) het vanaf 1 Junie 2006 toesig oor die werksaamhede van die argief oorgeneem

2006                Dr. Johan Froneman (vroeër van die Transvaalse Kerkargief) was as Direkteur-Argivaris van die “eenheidsargief” aangestel, Dienkie Froneman as Assistent-direkteur en Marlene Schoeman as Hoof-Argivaris

2009                Die Algemene Sinode, gebaseer in Pretoria, het probleme ervaar om die Argief in Stellenbosch te administreer en het uit die 2005-ooreenkoms getree

2011                Die NG Kerkargief het weer die argief van die Sinode van Wes-Kaapland geword, onder die bestuur van die Sinodale Taakspan Argief (STA), en haar dienste en rakspasie aan ander Sinodes verkoop

2011                Ds. A.H. Minnaar is vanaf 1 September 2011 aangestel as deeltydse bestuurder en Marlene Schoeman as die hoofargivaris

2016                Liesl Rabie is vir ’n paar maande hoof van die Argief

2017                Dr. Andrew Kok is aangestel as voltydse bestuurder van die Argief

2024                200 Jaar van Kaapse Sinode gevier

2025                Dr. Diederick Basson is aangestel as voltydse bestuurder van die Argief

2026                200-jaar herdenking van 1826-Sinodebesluit om ‘n bewaarplek vir kerklike dokumente te vestig

 

 


Dr Amy Rommelspacher is senior-argivaris by die Kerk Argief

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Gesels saam

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.