Pedofilie is ’n versteuring, sê APA

Die American Psychiatric Association (APA) beskou pedofilie nié as ’n seksuele oriëntasie of as ’n “normale belangstelling” nie, maar as ’n versteuring.

Kerkbode het by die APA navraag gedoen nadat dr Chris van Wyk, lid van die moderatuur van die Algemene Sinode van NG Kerk, in ’n brief aan ds Nelis Janse van Rensburg beweer het dat sielkundiges pedofilie as ’n seksuele oriëntasie beskou. Dié brief is op sy Facebook-blad geplaas, deur verskeie ander mense verder gedeel en selfs op ’n webwerf geplaas.

Die APA het kort en kragtig laat weet: “According to the American Psychiatric Association (APA): ‘Pedophilia is a disorder contained in the Paraphilias section of DSM-5.’ ”

Die DSM-5 is die vyfde uitgawe van die APA se Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders.

Die APA het ook ’n verklaring aangestuur wat hulle reeds in 2013 uitgereik het, waarin hulle verduidelik het dat daar ’n fout ingesluip het in ’n besprekingsafdeling – met ander woorde nie by die klassifikasie nie – waarin daar verwys is na pedofilie as ’n seksuele oriëntasie. Hierdie fout is dadelik in die elektroniese weergawe en ook in die eersvolgende oplaag van die gedrukte weergawe reggestel. In die hele proses is daar nooit van die klassifikasie van pedofilie as ’n versteuring afgewyk nie. Die volledige verklaring lui:


For Immediate Release:

October 31, 2013

APA Statement on DSM-5 Text Error

Pedophilic disorder text error to be corrected

The American Psychiatric Association’s (APA) Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5) has recently been published after a comprehensive multi-year research and review of all of its diagnostic categories.

 In the case of pedophilic disorder, the diagnostic criteria essentially remained the same as in DSM-IV-TR. Only the disorder name was changed from “pedophilia” to “pedophilic disorder” to maintain consistency with the chapter’s other disorder listings.

 “Sexual orientation” is not a term used in the diagnostic criteria for pedophilic disorder and its use in the DSM-5 text discussion is an error and should read “sexual interest.” In fact, APA considers pedophilic disorder a “paraphilia,” not a “sexual orientation.” This error will be corrected in the electronic version of DSM-5 and the next printing of the manual.

APA stands firmly behind efforts to criminally prosecute those who sexually abuse and exploit children and adolescents. We also support continued efforts to develop treatments for those with pedophilic disorder with the goal of preventing future acts of abuse.