Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geopende deure - Jan Gouws
Mnr Jan Gouws, besturende direkteur van Geopende Deure SA.

Geopende Deure wil ’n brug wees

Geopende Deure Suider-Afrika wil ’n brug wees tussen gemeentes en die vervolgde kerk. So sê mnr Jan Gouws, uitvoerende direkteur van die organisasie.

Gouws, ’n ouderling by die NG gemeente Mondeor in Johannesburg, sê aanvanklik was Geopende Deure se fokus om Bybels te versprei en vervolgde Christene te bemoedig. Verder het hulle mense bewus gemaak van die lot van vervolgde Christene.

Dit is steeds belangrik, maar die fokus is nou wyer. Dit sluit ook sosiaal-ekonomiese opleiding en ontwikkeling in, asook voorspraak vir die saak van vervolgde Christene.

Waar die fokus aanvanklik slegs op kommunistiese lande was, is dit nou wêreldwyd. Die groot gevaar nou is Islamitiese ekstremisme.

Gouws sê hulle ondersteun die kerk in vervolgde lande om self die evangelie daar uit te dra. Wie beter is daar om dit te doen as hulle self, vra hy. Waar sulke kerke behoeftes het, bring hulle dit na die kerk in Suid-Afrika.

Hulle stuur ook inligting uit oor die vervolgde kerk sodat gelowiges elders ingelig vir hulle kan bid.

Gemeentes wat betrokke wil raak, kan met Geopende Deure skakel. Hulle kan iemand stuur om te vertel van hulle werk en wat vir gemeentes kan uiteensit hoe hulle betrokke kan raak.

▶ Geopende Deure se webwerf is www.opendoors.org.za, of skakel hulle by 011 888 9341. Hulle is ook op facebook as Open Doors South Africa.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top