Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Groot watertenks voor Vryheid se klipkerk bring verligting vir die gemeenskap. Foto: Verskaf

Vryheid is nou besig om te dien

Langs die indrukwekkende klipkerk op Vryheid staan daar deesdae talle groot groen watertenks.

Vir ds Ferdinand van Niekerk is dit ’n teken dat die kerk besig is waarmee hy moet besig wees – om te dien, om as ’t ware voete te was en om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Die droogte het Vryheid kwaai getref. Twee van die dorp se drie damme is leeg. Hulle het die afgelope tyd net by tye water in die krane en die nuus het gekom dat die water nou heeltemal afgesny gaan word.

Tensy daar iets kom soos die destydse sikloon Demoina, sê Van Niekerk, is daar ook nie ’n vooruitsig dat die situasie gou gaan verander nie. Die munisipaliteit is besig met krisisbestuur.

Maar die hulp het van oral af ingestroom. Van Niekerk sê hulle het waterskenkings gekry van skole en kerke, van ondernemings en van individue. Dit het gekom uit Pretoria, Johannesburg, Secunda, Richardsbaai, Newcastle, Nelspruit en Piet Retief.

Op Vryheid het die NG Kerk die sentrum geword waar die water ontvang word en waar mense kan kom haal. Maatskappye het die watertenks geborg en vrywilligers help sorg dat dit eweredig verdeel word sodat almal kan kry.

Van Niekerk meen die eintlike krisis lê nog voor. Die nood gaan nog groter word.

Vir die kerk, sê hy, is dit ’n voorreg om te doen waarmee hy lankal besig moes wees – om te dien.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top