Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Hoop moet vertaal word in dade

Geskiedenis van verwonding, individueel en korporatief, plaas struikelblokke op die pad na genesing en herstel.

So het vader Michael Lapsley van die Institute for Healing of Memories aan vanjaar se Konvent vir Reformatoriese Kerke gesê. Die jaarlikse byeenkoms is vanjaar in Parow gehou met die Hervormde Kerk as gasheer.

Die kerke het saam besin oor “die Suid-Afrika waar ons vandaan kom, die Suid-Afrika waarin ons ons tans bevind en die Suid-Afrika waarvoor ons hoop en bid”.

Lapsley het gesê destruktiewe herinnering gaan nie vanself weg nie, maar moet blootgelê en benoem word. 

Dr Willem Boshoff van die NG gemeente Queens-wood-Hartbeesspruit het gewys op die onvermydelikheid van rouprosesse op weg na genesing en op die be­langrike taak wat daar op die skouers van geloofs
gemeen­skappe rus om ook korporatiewe rou te begelei.

Die derde fokus in die gesprekreeks – die Suid-Afrika waarvoor ons bid – het ruimte geskep vir die vraag na die aard van die Christelike hoop. Anders as optimisme, wat bloot gunstige aanduidings agterna loop, groei die Christelike hoop uit die geloofsverbondenheid aan Christus, die Gekruisigde wat opgewek is. 

In lyn met die Reformatoriese erfenis wat so uitson­derlik klem lê op die heerskappy van die Gekrui­sig­de, is daar weer gewys op die alledaagse wêreld as die “teater” van ons geloofslewe, as die ruimte waarbin­ne ons hoop vertaal moet word in dade van hoop.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top